duimnael|Johnson praat tydens die 10de Barry Streek-gedenklesing in Kaapstad, Suid-Afrika, in Augustus 2016. R.W. Johnson (1943 - 21 Julie 2026) was 'n Britse joernalis, politieke wetenskaplike en historikus wat in Suid-Afrika gewoon het.The Guardian contributor profile.

Biografie

Hy is gebore as Richard "Bill" William in Engeland, en het sy opleiding ontvang aan die destydse Universiteit van Natal en aan die Universiteit van Oxford, as houer van die Rhodes-beurs. Hy was 26 jaar lank 'n genoot in politieke wetenskap aan Magdalen Kollege, Oxford,Ivan Fallon "'South Africa's Brave New World', By R.W. Johnson", The Independent, 17 April 2009 en is steeds 'n emeritusgenoot. Sy 2015-boek, Look Back in Laughter: Oxford's Postwar Golden Age, handel oor sy jare by Magdalen, en sluit 'n gedeelte in oor sy werk saam met die kollege-president, Keith Griffin, om die kollege se finansies reg te ruk en die kollege-geboue te red.R W Johnson: Look Back in Laughter: Oxford's Postwar Golden Age, Threshold Press (2015). In die hersiening van sy memoires, het The Economist Johnson beskryf as 'n "romantiese kontrariese liberaal".

By sy terugkeer aan Suid-Afrika in 1995 is Johnson aangestel as direkteur van die Helen Suzman-stigting in Johannesburg, welke pos hy tot 2001 beklee het.Orion author profile. Hy was vir 'n ruk die Suid-Afrikaanse korrespondent vir die London Sunday Times, en het ook geskryf vir die London Review of Books ("LRB").London Review of Books contributor page. Sy artikels vir die LRB dek oor die algemeen Suid-Afrikaanse, en in 'n mindere mate, Zimbabwiese aangeleenthede. Vroeg in Maart 2009 het Johnson sy linkervoet beseer terwyl hy geswem het. Dit het met nekrotiserende fasciitis besmet geraakR. W. Johnson "Diary", London Review of Books, 6 Augustus 2009, bl.41 en sy been is bo die knie geamputeer."RW Johnson Loses Part of Leg After Lagoon Swim" , Book SA - News, 23 Maart 2009

Bibliografie (red. saam met Christopher Allen) African Perspectives (1970) How Long Will South Africa Survive? (1977) The Long March of the French Left (1981) Shootdown: The Verdict on KAL 007 (1985) Heroes and Villains: Selected Essays (1990) (red. saam met Lawrence Schlemmer) Launching Democracy in South Africa: South Africa's First Open Election, April 1994 (1996) (red. saam met David Welsh) Ironic Victory: Liberalism in Post-Liberation South Africa (1998) South Africa; The First Man, the Last Nation (2004) South Africa's Brave New World: The Beloved Country since the End of Apartheid (2009) How Long Will South Africa Survive?: The Looming Crisis (2015) Look Back in Laughter: Oxford's Postwar Golden Age (2015) Foreign Native: An African Journey (2020)

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1915 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Britse skrywers