Hugo Henri Broos (gebore 10 April 1952) is 'n Belgiese sokkerafrigter en voormalige -speler.

As 'n verdediger het hy vir RSC Anderlecht (1970–1983) en Club Brugge (1983–1988) gespeel, met meer as 500 wedstryde en 24 wedstryde vir België se nasionale span.

Hy het later as afrigter verskeie spanne gelei, insluitend Club Brugge en Anderlecht, en verskeie Belgiese Eerste Divisie-titels gewen. Internasionaal het hy Kameroen na oorwinning in die 2017 Afrikanasiesbeker gelei.

In Mei 2021 is hy as hoofafrigter van Suid-Afrika aangestel. Hy het Bafana Bafana na ’n derde plek by die 2023 Afrikanasiesbeker gelei, asook na die Wêreldbeker-eindtoernooi in 2026 nadat hulle die kwalifiseringsgroep voor Nigerië gewen het.

Tydens die 2026 Wêreldbeker het Bafana Bafana die rondte van 32 bereik, waar hulle ná ’n laat doel deur Kanada uitgeskakel is.

Met hul terugkeer na Johannesburg is die span op die OR Tambo Lughawe deur ondersteuners verwelkom, en die Suid-Afrikaanse minister van sport, Gayton McKenzie, het Hugo Broos se invloed op die span geprys. Hy het ook gesê dat Bafana Bafana “’n grap” was voor Broos se aanstelling.

Verwysings

Kategorie:Sokkerafrigters Kategorie:Belgiese sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense