Sridhar Vembu (gebore 1968) is 'n Indiese miljardêr-sakemagnaat en die stigter en voormalige hoof- uitvoerende beampte van die Zoho Korporasie. Volgens Forbes is hy die 39ste rykste persoon in Indië met 'n netto waarde van $5.85 miljard, soos van 2024. Hy is bekroon met Indië se vierde hoogste burgerlike toekenning, die Padma Shri, in 2021.

Volgens Forbes se lys van Indië se 100 rykste magnate, gedateer 9 ktober 2024, is Sridhar Vembu & broers en susters 51ste met 'n netto waarde van $5.8 Miljard.

Vroeë lewe Vembu is in 1968 in 'n middelklas Tamil Brahmin gesin gebore, in 'n dorpie in Thanjavur distrik, Tamil Nadu. Hy het gegradueer met 'n baccalaureusgraad in Elektriese Ingenieurswese van die Indiese Tegnologieinstutuut, Madras in 1989, en sy MS en PhD grade in Elektriese Ingenieurswese van Princeton Universiteit in New Jersey verwerf.

Loopbaan Vembu het sy professionele loopbaan begin deur vir Qualcomm as 'n radio ingenieur in San Diego, California te werk, voordat hy na die San Francisco Bay Area verhuis het. Hy het in San Jose en Pleasanton gewoon.

In 1996 het Vembu, saam met twee van sy broers, 'n sagteware maatskappy genaamd AdventNet gestig, wat wat netwerktoerusting versaf het. Die maatskappy is in 2009 hernoem na Zoho Korporasie, met die fokus op die verskaffing van sagterware-as-'n-diens (SaaS) in Klienteverhoudingsbestuur. Vembu het in 2019 na Tenkasi, Indië, verhuis. Teen 2020 het hy 'n 88 persent aandeel in die maatskappy gehad. Forbes het sy rykdom op USD $2.44 miljard geskat. In 2021 is Sridhar Vembu aangestel in die Nasionale Veiligheidsadviesraad. Ten spyte daarvan dat dit 'n eenhoring is, is Zoho heeltemal deur Vembu en sy medestigter Tony Thomas van die grond af opgebou, om eksterne invloed te vermy. Sosiale entrepreneurskap Sridhar Vembu is bekend daarvoor dat hy sagteware- en produkontwikkelingsfunksies van stedelike sentrums na landelike dorpies in Indië geneem het. Spesifiek het sy maatskappy, Zoho, sy kantore in landelike Mathalamparai, Tenkasi district, Tamil Nadu en in voorstedelike Renigunta, Andhra Pradesh gevestig, toe hy vanaf die San Francisco Baai-area na Mathalamparai verhuis het.

In 2004 het hy Zoho Skole gestig om beroepsgerigte sagteware-ontwikkelingsopleiding aan landelike studente te bied as 'n alternatief vir formele universiteitsopleiding. 'n Verklaring van die maatskappy lui dat 15 tot 20 persent van sy ingenieurs geen universiteitsgraad gehad het nie, maar beroepsopleiding van Zoho Skole ontvang het. In 2020 het hy 'n "landelike skool-aanvangsonderneming" aangekondig wat gefokus is op gratis primêre onderwys.

Politieke sienings 'n Voormalige Zoho-produkbemarkingsbestuurder het in Oktober 2018 bedank ná 'n dispuut met Vembu oor die werknemer se plasing op die maatskappy se intranet besprekingsforum. Die werknemer het verklaar dat Vembu vyandig teenoor hom was omdat hy die Rashtriya Swayamsevak Sangh (RSS), 'n Hindoe-nasionalistiese paramilitêre organisasie, gekritiseer het.

In Januarie 2020 is Vembu gekritiseer nadat hy, as die eresgas, 'n hoëprofielgeleentheid bygewoon het wat deur die RSS gereël is. Vembu het sy deelname verdedig as 'n kwessie van sy persoonlike keuse.

Eerbewyse Vembu is bekroon met die 2019 Ernst & Young "Besigheidsondernemer van die Jaar" in Indië. Hy het ook die Padma Shri toekenning ontvang, Indië se vierde hoogste burgerlike eer, in 2021. Hy is ook gekies as CNN-News18 Indiër van die Jaar 2022. Hy is ook in 2021 aangestel in die Nasionale Sekuriteitsraad (NSAB) van Indië.

Verdere leeswerk

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Entrepreneurs