thumb|240px|links|Die Mahmut Paşa-gebou voor die restourasie.
Die Museum van Anatoliese Beskawings (Turks: Anadolu Medeniyetleri Müzesi) is 'n argeologiese museum in Ankara, Turkye. Dit bestaan uit die ou Ottomaanse Mahmut Paşa-basaarbergplek en die Kurşunlu Han.Şehabeddin Tekindağ: Mahmud Paşa. In: Türkiye Diyanet Vakfı İslâm Ansiklopedisi. Bd. 27, TDV Yayını, Ankara 2003, S. 376. Vanweë Atatürk se wens om 'n Hetitiese museum te stig, is die geboue gekoop op aanbeveling van die destydse minister van kultuur. Nadat die restourasie gedoen is (1938-'68), is die deure vir die publiek geopen as die Argeologiese Museum Ankara.
Vandag huisves Kurşunlu Han die werkkamers, biblioteek, konferensiesaal en laboratorium. Die uitstallings is in die ou basaargebou.İlhan Temizsoy, u. a.: Museum für anatolische Zivilisationen. Ankara, , S. 7. Hier is verskeie uitstallings van Anatoliese argeologie. Dit begin in die Paleolitiese tydperk en volg 'n chronologiese volgorde deur die Neolitikum, vroeë Bronstydperk, Assiriese handelskolonies, en die Hetitiese, Frigiese, Urartiese, Griekse, Hellenistiese, Romeinse, Bisantynse, Seldjoekse en Ottomaanse tydperk. Daar is ook 'n groot versameling artefakte van verskeie vondsplekke.
Die uitstallings van werk in goud, silwer, glas, marmer en brons dateer van tot die tweede helfte van die 1ste millennium v.C.Metin Kartal: Karain Mağarası Kazıları 2007. Excavations at the Karain Cave in 2007. In: ANMED. News of Archaeology from Anatolia’s Mediterranean Areas. Nr. 6, 2008, S. 24–28. Die muntveramelings, van die eerste geld wat gemunt is tot die moderne tyd, is een van die museum se kultuurskatte.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Geboue en strukture in Turkye Kategorie:Kultuur in Turkye