Douw Gerbrand Steyn (19 Desember 1952 – 4 Februarie 2025) was 'n Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman, die stigter Auto & General Insurance en van die BGL Group, 'n VK-gebaseerde versekerings- en finansiëledienstemaatskappy, en die moedermaatskappy van Comparethemarket.com. Steyn het bande met die Suid-Afrikaanse politiek gehad, nadat hy voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela by die Saxon Hotel, Villas & Spa gehuisves het. Volgens The Sunday Times welvaartslys in 2021 het Steyn 'n geraamde netto waarde van £2,05 miljard gehad, 'n toename van £1,1 miljard vanaf 2020.
Vroeë lewe Douw Gerbrand Steyn is gebore in Desember 1952. Hy het in Linden, Johannesburg, skoolgegaan. Hy het in 1978 'n baccalaureusgraad aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys ontvang.
Loopbaan Steyn het sy loopbaan as bourekenaar by Eskom in Megawatt Park begin.
Hy het Steyn’s Versekeringsmakelaars in 1975 in Johannnesburg gestig. Hy het die potensiaal van ‘n polis besef wat voertuie, sowel as huishoudelike inhoud dek, en het hierdie tipe polisse bemark deur middel van veldtogte waarin pamflette van deur tot deur versprei is. Na etlike jare van sake doen in Suid-Afrika het Steyn na die VSA gegaan. Hy het egter in 1985 na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy ‘n versekeringslisensie bekom het wat hom in staat gestel het om motorversekering telefonies te verkoop. Dié stap het die versekeringslandskap ontwrig en tot die totstandkoming van Auto & General Insurance in Johannesburg aanleiding gegee.Netwerk 24, 4 Februarie 2025, Douw Steyn, sakeman en filantroop, was groter as die lewe, besoek 5 Februarie 2025.
Steyn het later na die Verenigde Koningkryk verhuis waar hy die BGL Group gestig het (wat in 1992 as Budget Insurance Company gestig is). Dit is 'n VK-gebaseerde versekerings- en finansiëledienstemaatskappy, en die moedermaatskappy van Comparethemarket.com.
Steyn het in 2015 die ontwikkeling van 'n luukse privaat landgoed, Steyn City, op 'n 900 hektaar (2 200 akker) perseel tussen Fourways en Lanseria in Johannesburg van stapel gestuur. Die projek het aanvanklik R6,5 miljard se belegging getrek, met 'n verdere R5,5 miljard wat in 2019 belê is.
In April 2020 het Steyn R320 miljoen belowe om die koronavirusverligtingsprogram in Suid-Afrika deur die Douw Steyn Familietrust en maatskappye wat hy gestig het by te staan.
Persoonlike lewe Steyn was van 2005 tot 2009 in 'n verhouding met Donne Botha; en op grond van 'n uitspattige seremonie in Londen in 2007, het Botha in 2014 beweer dat hulle getroud is, en het 'n wettige bod vir die helfte van sy boedel begin. In Augustus 2021 het die hooggeregshof in Durban beslis dat hulle nooit getroud was nie, en dat 'n bestraffende kostebevel teen Botha geregverdig is.
In Februarie 2013 trou Steyn met Carolyn Barkhuizen by die Saxon Boutique Hotel, waar gaste Graça Machel, Timothy Moloi en Michael de Pinna ingesluit het.
Steyn is op 4 Februarie 2025 in die ouderdom van 72 oorlede.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse filantrope Kategorie:Suid-Afrikaanse hoof- uitvoerende beamptes