Gedurende die aand van 29 Januarie 2025 het PSA Airlines-vlug 5342 (bemark as American Airlines-vlug 5342), 'n Bombardier CRJ700-reeks vliegtuig, en 'n Amerikaanse Leër Sikorsky H-60 Black Hawk-helikopter in die lug bokant die Potomacrivier naby Washington D.C. gebots. Al 67 mense aan boord (64 in die vliegtuig en 3 in die helikopter) het in die ongeluk gesterf.
Vlug 5342, 'n geskeduleerde passasiersvlug wat deur PSA Airlines namens American Airlines bedryf word, was onderweg vanaf Wichita Dwight D. Eisenhower Nasionale Lughawe in Wichita, Kansas, en was op die eindnadering na Ronald Reagan Washington Nasionale Lughawe. Die helikopter was op 'n oefenvlug uit Davison Army Airfield in Fairfax County, Virginië.
Verwysings
Kategorie:Vliegongelukke