7 Prisoners (Portugees: 7 Prisioneiros) is 'n Brasiliaanse dramarolprent van 2021 wat deur Alexandre Moratto geregisseer is. Die draaiboek is deur Moratto en Thayná Mantesso geskryf. Die twee hoofkarakters word vertolk deur Christian Malheiros en Rodrigo Santoro. Ná die prent se première op die Venesiese Rolprentfees op 6 September 2021, is dit in November 2021 op Netflix uitgereik.

Storielyn Die 18-jarige Mateus verlaat die platteland op soek na 'n werkgeleentheid op 'n rommelwerf in São Paulo. Toe hy en 'n paar ander seuns eers daar is, word hulle die slagoffers van 'n werkstelstel analoog aan moderne slawerny. Dit word deur Luca bestuur, en hy dwing Mateus om die moeilike besluit te neem of hy vir die man wil werk wat hom tot 'n slaaf gemaak het en of hy sy familie in gevaar wil stel as hy nie saamwerk nie.

Hoofakteurs Christian Malheiros as Mateus Rodrigo Santoro as Luca Bruno Rocha Vitor Julian as Ezequiel Lucas Oranmian as Isaque Dirce Thomaz

Uitreiking 7 Prisoners se wêreldpremière was op die 78ste Venesiese Internasionale Rolprentfees op 6 September 2021. Dit is toe op 2021 se Toronto- Internasionale Rolprentfees vertoon.

Die prent is daarna in November 2021 wêreldwyd deur Netflix uitgereik.

Ontvangs Op Rotten Tomatoes het 98% van 45 resensente die prent 'n positiewe resensie gegee, met 'n gemiddelde punt van 7,5 uit 10.

In 2021 het 7 Prisonors die NAACP Image Award gewen. Dit word deur die Amerikaans gebaseerde National Association for the Advancement of Colored People gegee vir uitsonderlike prestasies in rolprente, televisie, teater, musiek en letterkunde. Dit is ook vir nog 26 pryse benoem, waarvan dit vier gewen het (onder meer vir beste manlike byspeler vir Rodrigo Santoro, beste buitelandse prent en beste redigering).

Verwysings

Skakels

Kategorie:Brasiliaanse rolprente