Elegia prominens is 'n meerjarige plant wat deel van die Restionaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 2500 km² en kom vanaf Malmesbury tot by Bredasdorp voor. Die spesie het reeds nege subbevolkings verloor weens ontwikkeling en daar is vyf tot tien subbevolkings oor. Hulle word almal bedreig deur indringerplante en voorstedelike ontwikkeling.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
prominens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika