thumb|240px|101955 Benoe, nog 'n voorbeeld van 'n aktiewe asteroïed.
'n Manx-komeet is 'n klas rotsagtige Klein Sonnestelselliggame wat die wentelbaan van 'n langperiodekomeet het. Anders as ander liggame met sulke wentelbane, wat gewoonlik lang, helder sterte het, is 'n Manx-komeet stertloos, en dus eerder tipies van 'n asteroïed in die binneste Sonnestelsel. Die naam kom van Manx-katte, wat nie sterte het nie.
Voorbeelde sluit in C/2013 P2 (PANSTARRS), wat op 4 Augustus 2013 ontdek is en 'n wentelperiode van langer as 51 miljoen jaar het, en C/2014 S3 (PANSTARRS), wat op 22 September 2014 ontdek is en vermoedelik van die Oortwolk af kom. Onaktiewe Manx-komete word as aktiewe asteroïede beskou.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Komete Kategorie:Oortwolk