Eiland Wight120pxVlag120pxWapen150pxLigging in EngelandSeremoniële graafskap Eiland WightHoofstad NewportOppervlakte384 km²Bevolking138 400 (2011)Bevolkingsdigtheid364 inw./km²Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskapStreekEiland WightAdministratiewe setel NewportISO 3166-2:GB-IOWOppervlakte380,2 km²Bevolking138 400 (2011)Bevolkingsdigtheid364 inw./km²Webtuistewww.iwight.comDistrikte en Unitêre owerhede Geen
duimnael|links|Lugfoto (uit die IRS geneem) van die Eiland Wight. Die Eiland Wight (Engels: Isle of Wight) is ’n Engelse Kanaaleiland en graafskap sowat 8 km van die suidkus van die vasteland. Dit word van die vasteland geskei deur ’n seestraat genaam die Solent. Die eiland is sedert die Victoriaanse tydperk gewild as vakansiebestemming. Dit is bekend vir sy natuurskoon en seiljagvaart.
Die eiland het ’n ryk geskiedenis, onder andere ’n kort tydperk as ’n onafhanklike koninkryk in die 15de eeu. Dit was die tuiste van die digter Alfred lord Tennyson, en koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk het haar geliefde somerwoning, Osborne House, daar laat bou. Sy is op 22 Januarie 1901 daar oorlede.
Klimaat As een van die mees suidelike streke van die Verenigde Koninkryk het die eiland ’n warmer klimaat as die meeste ander dele. Dit het tot gevolg dat dit ’n gewilde toeristebestemming is, veral die oorde in die suidooste van die eiland. Dit het ook ’n langer groeiseisoen as die meeste dele van die VK.http://uk.weather.com/weather/climatology/UKXX1881 Klimaatstatistiek
Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Gem. maksimum (°C) 8 8 10 13 16 19 22 21 19 15 11 9 Gem. minimum (°C) 1 1 2 3 7 9 11 11 9 7 3 2 Gem. (°C) 4 4 6 8 11 14 16 16 14 11 7 5 Gem. reënval (mm) 89 61 66 48 56 53 41 56 66 79 84 89
Grootste dorpe Newport, die hoofstad van die Eiland Wight. Ryde, die eiland se tweede grootste dorp met ’n bevolking van sowat 30 000. Cowes, waar die bekende Cowes-week elke jaar plaasvind en ’n gewilde internasionale seiljagsentrum. Sandown, nog ’n gewilde toeriste-oord aan die kus. Shanklin, net suid van Sandown, met sy sanderige strande.
Verwysings Hansard, Woensdag 14 November 2001 kolom 850 Isle of Wight County Presshttp://www.iwcp.co.uk/
Eksterne skakels
Amptelike webwerrf Gids vir die Eiland Wight Eiland Wight-raad Amptelike toerisme-webwerf Eiland Wight-fees Weerstasie Pers Radio VentnorBlog Foto's
Kategorie:Eilande in Engeland Kategorie:Graafskappe in Engeland