Prins Arthur, die Hertog van Connaught en Strathearn (Arthur William Patrick Albert; 1 Mei 1850 – 16 Januarie 1942) was die derde seun en sewende kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha. Hy was van 1911 tot 1916 goewerneur-generaal van Kanada.

As die seun van ’n Britse monarg het hy van geboorte af die titel SKH prins Arthur gehad. Hy het in 1874 die Hertog van Connaught en Strathearn en die Graaf van Sussex geword.

In Suid-Afrika duimnael|regs|In 1922 is die amptelike opening van Chapmanspiek-rylaan deur die hertog behartig In 1910 het Arthur na Suid-Afrika gereis aan boord van die Balmoral Castle, ’n skip van die Union-Castle-Redery, om die eerste parlement van die nuutgestigte Unie van Suid-Afrika te open. Op 30 November 1910 het hy ’n gedenksteen by die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum vir Militêre Geskiedenis in Johannesburg gelê ter herdenking aan die Britse soldate wat in die Anglo-Boereoorlog gesterf het.

Van 1912 tot met sy dood in 1942 was Arthur opperkolonel van die Kaapstadse Hooglanderregiment.

Huwelik duimnael|links|240px|Prins Arthur en sy eggenote tydens die opening van die Unieparlement in 1910. Op 13 Maart 1879 is Arthur in Sint George-kapel in Windsor-kasteel getroud met prinses Louise Margaret van Pruise, die dogter van prins Friedrich Karl van Pruise. Hulle het drie kinders gehad: Margaret, kroonprinses van Swede, prins Arthur van Connaught en Lady Patricia Ramsay.

Dood Arthur het in 1928 uit die openbare lewe getree en is 14 jaar later, in 1942, op 91-jarige ouderdom in Bagshot Park, Surrey, dood. Hy was die laaste oorlewende seun van koningin Victoria.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Prince Arthur, Duke of Connaught and Strathearn

Scouting Round the World, John S. Wilson, eerste ed., Blandford Press 1959 p. 81

Eksterne skakel Die Connaughts-aanlyngalery

Kategorie:Geboortes in 1850 Kategorie:Huis van Sakse-Koburg en Gotha Kategorie:Sterftes in 1942