Thomas Penson de Quincey (;De Quincey. Dictionary.com. Collins English Dictionary – Complete & Unabridged 10th Edition. HarperCollins Publishers. http://dictionary.reference.com/browse/de_quincey (besoek: 29 Junie 2013). Thomas Penson Quincey; 15 Augustus 17858 Desember 1859) was 'n Engelse skrywer, essayis en literêre kritikus. Hy is veral bekend vir sy Confessions of an English Opium-Eater (1821).Eaton, Horace Ainsworth, Thomas De Quincey: A Biography, New York, Drukpers van die Universiteit van Oxford, 1936; herdruk New York, Octagon Books, 1972;Lindop, Grevel. The Opium-Eater: A Life of Thomas De Quincey. J. M. Dent & Sons, 1981. Baie skolastici is die mening toegedaan dat de Quincey deur die publikasie van sy werk die tradisie van die "verslawingsliteratuur" in die Weste laat posvat het.Morrison, Robert. "De Quincey's Wicked Book", OUP Blog. Drukpers van die Universiteit van Oxford, 2013.

Lewe en werk Kind en leerling Thomas Penson Quincey is gebore te 86 Cross Street, Manchester, Lancashire.Die latere gebou op die perseel (aangrensend aan John Dalton Street) het 'n klipinskripsie wat na de Quincey verwys. Sy vader was 'n suksesvolle handelaar met 'n belangstelling in letterkunde. Kort na Thomas se geboorte het die gesin na The Farm verhuis en later na Greenheys, 'n groter plattelandse huis in Chorlton-on-Medlock, naby Manchester. In 1796, drie jaar na die dood van sy vader, Thomas Quincey, het sy moeder – die eertydse Elizabeth Penson – die naam de Quincey aangeneem.Morrison, Robert. "Thomas De Quincey: Chronology" TDQ Homepage. Kingston: Queen's University, 2013. Dieselfde jaar het sy moeder na Bath verhuis en hom by King Edward's School ingeskryf. Hy was 'n swak en sieklike kind. Sy jeug is in eensaamheid en afsondering deurgebring. Wanneer sy ouer broer William tuis was het hy verwoesting in die stil en besadigde omgewing gesaai. De Quincey se moeder het 'n sterk karakter gehad en was intelligent, maar het blykbaar meer ontsag as toegeneentheid by haar kinders aangewakker. Sy het hulle streng grootgemaak en de Quincey ná drie jaar uit die skool gehaal omdat sy bang was dat hy sy wortels sou vergeet en hoogmoedig sou word, en hom na 'n minderwaardige skool in Wingfield, Wiltshire gestuur. duimnael|links|200px|Borsbeeld van Thomas de Quincey, deur Sir John Steell Rondom hierdie tyd, in 1799, het de Quincey die eerste keer William Wordsworth se Lyrical Ballads en Coleridge se werke gelees. In 1800, toe de Quincey maar 15 was, was hy gereed om in te skryf aan die Universiteit van Oxford. Sy hoof by Bath het droogweg opgemerk "That boy could harangue an Athenian mob better than you or I could address an English one."Morrison, Robert. "Thomas De Quincey: Biography" TDQ Homepage. Kingston: Queen's University, 2013. Hy is na Manchester Grammar School gestuur sodat hy na drie jaar 'n beurs kon kry om aan Brasenose College, Oxford te studeer, maar na 19 maande het hy hiervan af gevlug. duimnael|De Quincey se Logika van politieke ekonomie, 1844 Sy aanvanklike plan was om Wordsworth te bereik, wie se Lirical Ballads (1798) hom tydens aanvalle van depressie getroos het, en 'n diepe bewondering vir die digter in hom aangewakker het. Maar daarvoor was de Quincey te bedees, en hy het dus sy weg gebaan na Chester, waar sy moeder gewoon het, in die hoop om 'n suster te sien; hy is egter deur ouer lede van die familie gevang, maar danksy die pogings van sy oom, kolonel Penson, het hy die belofte ontvang dat hy 'n "gienie" (ekwivalent aan £101 in 2023) per week sou ontvang, sodat hy sy projek van 'n staptog deur Wallis kon verwesenlik. Terwyl hy gereis het deur Wallis en Snowdon, het hy herberge vermy om die bietjie geld wat hy gehad het te spaar. In pleks hiervan het hy eerder saam met "cottagers" gebly of in 'n tent geslaap wat hy self gemaak het. Hy het homself onderhou deur swartbessies en roosbottels te eet, maar selde genoeg behoorlike kos ingekry. De Quincey het van Julie tot November 1802 gereis. Hy het gou sy "gienie" verloor omdat hy nie sy familie op hoogte gehou het van waar hy hom bevind nie, en het gesukkel om homself te onderhou. Nietemin, blykbaar uit vrees vir agtervolging, het hy geld geleen en na Londen gereis, waar hy meer probeer het om nog geld te leen. Nadat hy misluk het, het hy honger gely, eerder as om na sy familie terug te keer. duimnael|Fox Ghyll, naby Rydal, Cumbria, de Quincey se tuiste van 1820 tot 1825

De Quincey, wat per toeval deur sy vriende ontdek is, is huis toe gebring en uiteindelik toegelaat om met 'n verminderde inkomste na Worcester College, Oxford, te gaan. Hier, word ons vertel, "is hy beskou as 'n vreemde wese wat met niemand geassosieer het nie." In 1804, toe hy in Oxford was, het hy af en toe opium gebruik. Hy het sy studies voltooi, maar nie die mondelinge eksamen afgelê nie, wat beteken het dat hy nie kon gradueer nie; derhalwe het hy die universiteit verlaat sonder 'n graad. Hy het kennis gemaak met Coleridge en Wordsworth, nadat hy reeds vdie skrywer Charles Lamb in Londen opgesoek het. Sy kennismaking met Wordsworth het daartoe gelei dat hy hom in 1809 in Grasmere, in die Meerdistrik, gevestig het. Hy het vir tien jaar in Dove Cottage gewoon, vandag 'n gewilde toeriste-aantreklikheid, en vir 'n verdere vyf jaar by Foxghyll Country House, Ambleside. De Quincey is in 1816 getroud en het kort daarna uit geldnood literêre werk begin doen.

Hy en sy vrou Margaret het saam agt kinders gehad voor haar afsterwe in 1837. Een van hul seuns, Paul Frederick de Quincey (1828–1894), het na Nieu-Seeland geëmigreer.

Loopbaan as joernalis duimnael|200px|Thomas Penson de Quincey se tuiste by 1 Forres Street, Edinburgh In Julie 1818 het de Quincey redakteur geword van die Westmorland Gazette, 'n Tory koerant wat gepubliseer is in Kendal, nadat die koerant se eerste redakteur afgedank is. De Quincey kon egter nie spertye haal nie, en in Junie 1819 het die eienaars gekla oor "hulle ongelukkigheid met die gebrek aan 'gereelde kommunikasie tussen die redakteur en die drukker'", en in November 1819 het de Quincey bedank. Sy politieke simpatie het na regs geneig. Hy was "'n voorstander van aristokratiese voorregte" en "het die term Jakobyn beskou as die grootste belediging wat iemand maar toegesnou kon word." Boonop het hy reaksionêre standpunte gehuldig oor die Peterloo-slagting en die Sepoy-rebellie, oor Katolieke emansipasie en oor die stemreg en vryhede van gewone burgers.

De Quincey was ook 'n voorstander van Britse imperialisme en het geglo dat dit inherent geregverdig en geoorloof was ongeag die koste. Ten spyte van sy ideologiese toewyding aan persoonlike identiteit en vryheid wat gespruit het uit sy verslawing aan opium, en ten spyte van sy teenstand teen die idee van slawerny, was de Quincey teen die afskaffing van slawerny in die Verenigde Koninkryk. In sy artikels vir die The Edinburgh Post, oor die einste kwessie, in 1827 en 1828, het hy die teen-slawerny beweging daarvan beskuldig dat hulle "slegs daarop uit was om hulself te verheerlik". Hy was bekommerd dat die afskaffing van slawerny die Britse Ryk sou ondermyn en opstande soos die Haïtiaanse Revolusie teen koloniale heerskappy sou meebring. In pleks hiervan het hy voorgestel dat daar 'n stapsgewyse hervorming moet plaasvind, op die slaafeienaars se eie inisiatief.

Vertaler en essayis In 1821 is hy na Londen om 'n paar vertalings van Duitse skrywers af te gee, maar hy is oorreed om eers 'n verslag van sy ervarings van opiumverslawing te skryf en te publiseer, wat dieselfde jaar in die London Magazine verskyn het. Sy relaas het egter so 'n bohaai opgeskop dat dit belangstelling in Lamb se Essays of Elia, wat in dieselfde tydskrif verskyn het, heeltemal oorskadu het. Sy Confessions of an English Opium-Eater is binnekort in boekvorm gepubliseer.Confessions is die eerste keer in 1821 in London Magazine gepubliseer. Die volgende jaar is dit in boekvorm gepubliseer. (Morrison, Robert. "Thomas De Quincey: Chronology." TDQ Homepage. Kingston: Queen's University, 2013. ) De Quincey het toe kennis gemaak met 'n klompie nuwe literêre figure. Thomas Hood het die skrywer gevind "at home in a German ocean of literature, in a storm, flooding all the floor, the tables and the chairs—billows of books..." De Quincey was 'n beroemde gespreksgenoot. Richard Woodhouse het geskryf: "His conversation appeared like the elaboration of a mine of results..."

Van hierdie punt af het de Quincey 'n lewe gemaak deur bydraes te skryf vir verskeie tydskrifte. Kort hierna het hy Londen en die Meredistrik verruil vir Edinburgh, die naburige dorpie Polton, en Glasgow. Hy het die res van sy lewe in Skotland deurgebring. In die 1830's is hy gelys as woonagtig te 1 Forres Street, 'n groot huis aan die rand van die Moray-landgoed in Edinburgh.

Blackwood's Edinburgh Magazine en sy mededinger, Tait's Magazine, het talle bydraes ontvang. Suspiria de Profundis (1845) het in Blackwood's verskyn, so ook The English Mail-Coach (1849). Joan of Arc (1847) is gepubliseer in Tait's. Tussen 1835 en 1849 het Tait's 'n reeks gepubliseer van de Quincey se herinneringe aan Wordsworth, Coleridge, Robert Southey en ander figure onder die "Lake Poets", 'n reeks wat in geheel een van sy mees belangrike werke uitmaak.Thomas De Quincey, Recollections of the Lakes and the Lake Poets, David Wright, red., New York, Penguin Books, 1970.

Finansiële druk duimnael|links|Thomas de Quincey Saam met sy opiumverslawing, was skuld een van die grootste kopsere van de Quincey se volwasse lewe. De Quincey het op 21-jarige ouderdom sy vader se erflating ontvang. Hy het £2 000 (gelykstaande aan £204, 870 in 2023) uit sy oorlede vader se boedel ontvang. Hy het op 'n onverstandige en te vrygewige wyse omgegaan met sy fondse, en lenings gemaak wat nie terugbetaal kon word nie of wat hy nie wou terugbetaal nie, insluitend 'n £300-lening aan Coleridge in 1807. Nadat hy Oxford sonder 'n graad verlaat het, het hy 'n poging aangewend om in die regte te studeer, maar hy was teësinnig om weer met erns te studeer en was onsuksesvol; hy het geen vaste inkomste gehad nie en het groot bedrae aan boeke bestee (hy was 'n lewenslange versamelaar). Teen die 1820's was hy voortdurend in finansiële probleme. Meer as een keer in sy latere jare is de Quincey gedwing om beskerming teen inhegtenisname te soek in die "skuldenaaar-skuilplek" Holyrood in Edinburgh. (Destyds was Holyrood Park 'n "skuilplek vir skuldenaars"; skuldenaars kon nie in hegtenis geneem word vir skuld binne die gebied nie. Die skuldenaars wat daar skuiling gesoek het kon slegs op Sondae vryelik rondbeweeg, wanneer inhegtenisname weens skuld nie toegelaat is nie.) Tog het De Quincey se geldprobleme voortgeduur; hy het verder in die moeilikheid beland weens skuld wat hy binne die "skuilplek" aangegaan het.

Sy finansiële verknorsing het eers later verbeter. Sy moeder se dood in 1846 het aan hom 'n inkomste van £200 per jaar besorg. Soos wat sy dogters grootgeword het, het het hulle sy begroting meer verantwoordelik bestuur as wat hy ooit self kon doen.

Gesondheidskwessies De Quincey het gely aan neuralgiese gesigspyn, "trigeminale neuralgie"  – "aanvalle van deurdringende pyn in die gesig, van so 'n graad dat dit die slagoffer soms tot selfmoord dryf."Philip Sandblom, Creativity and Disease, Sewende Uitgawe, New York, Marion Boyars, 1992; bl. 49. Volgens de Quincey het hy die eerste keer in 1804 opium gebruik het om sy neuralgie te verlig. Derhalwe, soos met baie verslaafdes die geval is, het hy sy opiumverslawing moontlik as "selfmedikasie" beskou vir sy werklike fisiese pyn, maar die verslawing behels ook 'n sielkundige komponent.Lyon, pp. 57–58. regs|duimnael|upright=1.25|De Quincey se graf in St. Cuthbert's Kirkyard, Edinburgh.