duimnael|links|Vlag van Võro

Die Võro taal (Võro: võro kiil, Estnies: võru keel)Võro language by Kara D. Brown, Phd at Indiana University is 'n taal wat tot die Oosseefinse tak van die Fins-Oegriese tale in die Oeraalse taalfamilie behoort. Dit word tradisioneel as 'n dialek van in die Suid Estniese dialekte groep van die Estniese taal beskou. Võro het egter vandag sy eie literêre taal Võru kirjakeele sõnamuutmissüsteem (Inflectional Morphology in the Võro Literary Language) by Sulev Iva, Phd at Tartu University, (English summary pp 144-146) en onderstreuners streef daarna om amptelike status as outochtone streekstaal van Estland te bewerkstellig. Võro het ongeveer 70 000 sprekers, meestal in Suidoos-Estland in die agt gemeentes van die historiese Võru Graafskap: Karula, Harglõ, Urvastõ, Rõugõ, Kanepi, Põlva, Räpinä en Vahtsõliina. Hierdie gemeentes het tans hulle middelpunt in die Võru en Põlva graafskappe met dele wat strek tot in die Valga en Tartu graafskappe. Sprekers word ook aangetref in die stede Tallinn en Tartu en in ander dele van Estland.

Verwysings

Kategorie:Fins-Oegriese taalfamilie Kategorie:Tale van Estland