Groefbye (Halictidae) is die tweede grootste familie van bye (klade Anthophila) met amper 4,500 spesies. Halictide-spesies is 'n uiters uiteenlopende groep wat baie in voorkoms kan verskil. Die byfamilie bestaan uit klein (> 4 mm) tot mediumgrootte (> 8 mm) bye. Groefbye het gewoonlik 'n donker kleur en dikwels 'n metaalglans. Verskeie spesies is volkome of deels groen, en sommige is rooi. 'n Aantal het geel merke, veral die mannetjies wat gewoonlik geel gesigte het – 'n kenmerk wat by verskeie byfamilies voorkom.

Groefbye word dikwels deur sweet aangelok. duimnael|links|250px|'n Groefbytjie wend hier gonsbestuiwing aan om die stuifmeel van helmknoppe te versamel.

Verwysings

Kategorie:Vliesvlerkiges