Die watervaring, (Salvinia molesta), is 'n drywende waterplant. Dit staan in Engels as die giant salvinia of Kariba weed bekend, laasgenoemde omdat dit 'n groot gedeelte van die Karibameer oorgeneem het. Dit is 'n akwatiese varing, inheems aan suid-oostelike Brasilië en noordoostelike Argentinië. Dit is 'n vrydrywende plant wat homself nie aan die bodem heg of in grond anker nie, maar wat instede drywend op die wateroppervlak leef. Die blare is 0,5 tot 4 cm lank en breed, met 'n stekelrige oppervlak, en word in pare geproduseer met 'n derde wortelagtige blaar wat in die water hang.

Die voortplanting is slegs ongeslagtelik, maar is in staat tot besonder vinnige vermeerdering, beginnend van klein fragmente met 'n verdubbeling in bevolkingsgrootte in enkele dae. Die resultaat is dat die oppervlak van kuile, damme en mere bedek word deur 'n drywende mat van 10 tot 20 cm (of in rare gevalle tot 60 cm) dikte. Gevolglik word dit soms as 'n indringerplant beskou. Die digte plantmat blokkeer sonlig wat deur ander waterplante en veral alge benodig word om die water met suurstof te verryk.

'n Klein kalanderkewer, Cyrtobagous salviniae, wat in S. molesta se natuurlike habitat gevind word, word tans bestudeer as 'n middel vir biologiese plaagbestryding.

duimnael|250px|links|Wilsonmeer in Hawaii, ten volle met watervaring bedek

Bronnelys Plants of the World Online

Verwysings

Eksterne skakels US Geological Survey: Giant Salvinia Wildland Invasive Species Team – Weed alert

Kategorie:Flora van Argentinië Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Indringerplante Kategorie:Waterplante