duimnael|regs|Portret van Victor Emanuel II (skildery uit 1860). Victor Emanuel II (Italiaans: Vittorio Emanuele II; volle naam: Vittorio Emanuele Maria Alberto Eugenio Ferdinando Tommaso di Savoia; 14 Maart 1820 – 9 Januarie 1878) was vanaf 23 Maart 1849 tot 17 Maart 1861 Koning van Sardinië (ook bekend as Piedmont-Sardinië) from 23 March 1849 until 17 March 1861, toe hy die titel aangeneem het van Koning an Italië en sodoende die eerste koning van 'n onafhanklike, verenigde Italië sedert die 6de eeu geword het. Hy het die titel tot sy dood in 1878 gedra. Die Italianers het aan hom die titel Vader van die Vaderland (Ita: Padre della Patria) gegee, welke titel ontleen is aan die ou Latynse titel Pater Patriae van die Romeinse keisers.
Hy is gebore in Turyn as die oudste seun van Karel Albert van Sardinië en Maria Theresia van Toskane en het in die Eerste Italiaanse Vryheidsoorlog (1848–1849) geveg voordat hy na sy vader se abdikasie koning van Sardinië geword het. Hy het Camillo Benso, graaf van Cavour, as sy eerste minister aangestel, en hy het sy posisie gekonsolideer deur die republikeinse linkses te onderdruk. In 1855 het hy ekspedisiemagte gestuur wat aan die kant van Franse en Britse magte geveg het tydens die Krimoorlog; die ontplooiing van Italiaanse troepe na die Krim, en die dapperheid wat hulle getoon het tydens die Slag van die Tsjernaya (16 Augustus 1855) en die beleg van Sewastopol, het daartoe gelei dat die Koninkryk van Sardinië onder die deelnemers aan die vredeskonferensie was aan die einde van die oorlog, waar dit die kwessie van Italiaanse eenwording met ander Europese moondhede kon bespreek. Dit het Victor Emanuel in staat gestel om 'n bondgenoot te maak van Napoleon III, die keiser van Frankryk. Frankryk het Sardinië ondersteun tydens die Tweede Italiaanse Vryheidsoorlog, wat gelei het tot die bevryding van Lombardye van Oostenrykse oorheersing.
Victor Emanuel het die "Ekspedisie van die Duisend" (Die "Ekspedisie van die Duisend" (Italiaans}: Spedizione dei Mille) was 'n gebeurtenis van die Unifikasie van Italië wat in 1860 plaasgevind het. 'n Groep vrywilligers, gelei deur Giuseppe Garibaldi, het van Quarto al Mare naby Genua geseil en geland in Marsala, Sisilië om die Koninkryk van die Twee Sisilië, wat deur die Spaanse Huis van Bourbon-Twee Sisilië regeer is, te verower. Die ekspedisie se naam is afgelei van die aantal deelnemers van ongeveer 'n 1000 troepe.) ondersteun, wat gelei is deur Giuseppe Garibaldi, en gelei het tot die vinnige ineenstorting van die Koninkryk van die Twee Sisilië in Suid-Italië. Victor Emmanuel het Garibaldi egter gestuit toe hy gereed was om Rome aan te val, wat steeds deel van die Pouslike State was, aangesien dit onder Franse beskerming was. In 1860 het Toskane, Modena, Parma en Romagna besluit om hulle by Sardinië te skaar, en Victor Emanuel het hierna triomfantlik na die Marche en Umbrië opgeruk nadat hy oor die Pouslike magte geseëvier het tydens die Slag van Castelfidardo. Dit gelei tot sy ekskommunikasie van die Katolieke Kerk wat tot 1878 geduur het, net voor sy dood dieselfde jaar. Hy het Garibaldi daarna ontmoet by Teano, en het van hom die beheer van Suid-Italië ontvang waarmee hy op 17 Maart 1861 die eerste koning van Italië geword het.
In 1866 het die Derde Italiaanse Vryheidsoorlog Italië toegelaat om Veneto te annekseer. In 1870 het Victor Emanuel met die Pruisiese oorwinning oor Frankryk tydens die Frank-Pruisiese Oorlog sy kans gewaag en die Pouslike State verower nadat die Franse onttrek het. Hy het Rome op 20 September 1870 binnegekom en die nuwe hoofstad daar op 2 Julie 1871 gestig. Hy het in 1878 in Rome gesterf en is in die Panteon begrawe.
Die Italiaanse nasionale Victor Emanuel II-monument in Rome, wat die Altare della Patria bevat, is ter ere van hom gebou.
Biografie links|duimnael|200px|Victor Emanuel II in 1849 duimnael|Portret van Victor Emanuel, met 'n geveg in die agtergrond (1848) duimnael|Karel Albert van Sardinië, vader van Victor Emanuel II thumb|Maria Theresia van Toskane, moeder van Victor Emanuel II
Victor Emmanuel is gebore as die oudste seun van Carlo Alberto (Karel Albert), prins van Carignano en Maria Theresia. Sy vader het in 1831 'n neef opgevolg as koning van Sardinië. Tydens sy jeug het hy 'n paar jaar in Florence gewoon en 'n vroeë belangstelling in politiek, die weermag en sport getoon. In 1842 trou hy met sy niggie, Adelheid van Oostenryk. Hy was bekend as die "Hertog van Savoie", voordat hy koning van Sardinië geword het.
Hy het deelgeneem aan die Eerste Italiaanse Vryheidsoorlog (1848–1849) onder sy vader, koning Karel Albert, wat in die voorste linie geveg het tydens die gevegte in Pastrengo, Santa Lucia, Goito en Custoza.
Hy het in 1849 Koning van Sardinië geword toe sy vader geabdikeer het, nadat hy in 1849 deur die Oostenrykers verslaan is tydens die Slag van Novara. Victor Emmanuel het onmiddellik 'n taamlik gunstige wapenstilstand by Vignale verkry deur die toedoen van die Oostenrykse keiserlike leërbevelvoerder, Johann Graf Radetzky von Radetz. Die verdrag is egter nie deur die Piëmontese laer parlementêre huis, die Kamer van Afgevaardigdes bekragtig nie, en Victor Emanuel het wraak geneem deur sy Eerste Minister, Claudio Gabriele de Launay, af te dank en hom met Massimo D'Azeglio te vervang. Na nuwe verkiesings is die vrede met Oostenryk deur die nuwe Kamer van Afgevaardigdes aanvaar. In 1849 het Victor Emanuel ook 'n opstand in Genua heftig onderdruk en die rebelle 'n "afskuwelike en besmette ras van skurke" genoem.
In 1852 het hy Graaf Camillo Benso van Cavour ("Graaf Cavour") as Eerste Minister van Piëmont-Sardinië aangestel. Dit het geblyk 'n wyse keuse te wees aangesien Cavour 'n politieke meesterbrein was, en 'n groot rol gespeel het tydens Italiaanse eenwording. Victor Emanuel II het gou die simbool geword van die "Risorgimento", die Italiaanse eenheidsbeweging van die 1850's en vroeë 60's. Hy was veral gewild in die Koninkryk van Piëmont-Sardinië vanweë sy respek vir die nuwe grondwet en sy liberale hervormings. duimnael|links|180px|Portret van Victor Emmanuel II deur Giuseppe Ugolino
Krimoorlog duimnael|Victor Emmanuel inspekteer die troepe vir die Krimoorlog.
Ná Victor Emmnuel se raad, het Cavour by Brittanje en Frankryk aangesluit in die Krimoorlog teen Rusland. Cavour was huiwerig om die stap te neem weens die mag van Rusland en die onkoste daaraan verbonde. Victor Emanuel was egter oortuig van die belonings wat verkry kon word uit die alliansie wat met Brittanje en, nog belangriker, Frankryk, geskep is.
Nadat hy suksesvol was in die verkryging van Britse ondersteuning en inskakeling verkry het by Frankryk en Napoleon III tydens die Kongres van Parys in 1856 aan die einde van die oorlog, het graaf Cavour 'n geheime ontmoeting met die Franse keiser gereël. Hulle het in 1858 ontmoet by Plombières-les-Bains (in Lotaringe), waar hulle ooreengekom het dat indien die Franse Piëmont sou bystaan in sy oorlog teen Oostenryk, wat steeds gewoed het in die Koninkryk van Lombardye–Venesië in Noord-Italië, Frankryk beloon sou word met Nice en Savoie.
Italiaanse Unifikasieoorloë
Die Italiaans-Franse veldtog teen Oostenryk in 1859 het suksesvol begin. Napoleon III, wat moeg was vir die lyding en swaarkry wat teweeggebring is deur die oorlog, en bekommerd oor die mobilisering van Pruisiese troepe, het egter 'n geheime verdrag gesluit met Frans Josef I van Oostenryk by Villafranca di Verona, waardeur Piëmont slegs Lombardye sou verkry. Frankryk het gevolglik nie die beloofde Nice en Savoie ontvang nie, maar Oostenryk het wel Venesië gehou, 'n bitter terugslag vir die Piedmontese, in geen geringe mate nie omdat die verdrag sonder hul medewete voorberei is. Na verskeie rusies oor die uitslag van die oorlog het Cavour bedank, en die koning moes ander raadgewers kry. Frankryk het inderdaad eers Nice en Savoie verkry nadat die Verdrag van Turyn in Maart 1860 onderteken is, nadat Cavour as Eerste Minister heraangestel is, en 'n ooreenkoms met die Franse gesluit is vir volksraadplegings (plebisiete) om plaas te vind in die Sentraal-Italiaanse hertogdomme.
Later dieselfde jaar het Victor Emanuel II sy magte gestuur om teen die pouslike leër by Castelfidardo te veg en die Pous ingedryf in die Vatikaanstad. Sy sukses met hierdie doelwitte het daartoe gelei dat hy tot 1878 deur die Katolieke Kerk ge-ekskommunikeer is. Dit is kort voor sy dood opgehef. Hierna het Giuseppe Garibaldi Sisilië en Napels verower, en Piëmont-Sardinië het selfs groter geword. Op 17 Maart 1861 is die Koninkryk van Italië amptelik uitgeroep, met Victor Emanuel II as die eerste koning daarvan.
Victor Emmanuel het Giuseppe Garibaldi se Ekspedisie van die Duisend (1860–1861) ondersteun, wat gelei het tot die vinnige val van die Koninkryk van die Twee Sisilië in Suid-Italië. Die koning het Garibaldi egter gestuit toe hy gereed gelyk het om Rome aan te val, wat steeds onder die Pouslike State geval het, aangesien dit onder Franse beskerming was. In 1860 het Toskane, Modena, Parma en Romagna na plebisiete besluit om hulle by Piëmont-Sardinië te skaar. Victor Emanuel het toe seëvierend in Marche en Umbrië na die suksesvolle slag van Castelfidardo (1860) na die Pouslike magte opgeruk.
Die koning het daarna Garibaldi ontmoet by Teano en van hom beheer van Suid-Italië ontvang. Nog 'n reeks volksraadplegings in die besette gebiede het gelei tot die proklamasie van Victor Emanuel as die eerste Koning van Italië deur die nuwe parlement van 'n verenigde Italië, op 17 Maart 1861. Turyn het die hoofstad van die nuwe staat geword. Slegs Lazio, Veneto en Trentino het oorgebly om te verower. duimnael|Victor Emanuel ontmoet Giuseppe Garibaldi in Teano.
Voltooiing van unifikasie duimnael|9 Januarie 1878, Milaan: Aankondiging van die afsterwe van Victor Emanuel II by Emilio Magistretti (1879) duimnael|links|Graf van Victor Emanuel II in die Panteon
In 1866 het Victor Emanuel Pruise as bondgenoot gehad tydens die Derde Italiaanse Vryheidsoorlog. Alhoewel hy nie in Italië suksesvol was nie, het hy tog daarin geslaag om Veneto te ontvang ná die Oostenrykse nederlaag in Duitsland. Die Britse minister van buitelandse sake, Lord Clarendon, het Florence in Desember 1867 besoek en aan Londen gerapporteer nadat hy met verskeie Italiaanse politici gepraat het: "Daar is algemene ooreenstemming dat Victor Emanuel 'n imbesiel is; hy is 'n oneerlike man wat leuens aan almal vertel; teen hierdie tempo sal hy uiteindelik sy kroon verloor en beide Italië en sy dinastie verwoes."Mack Smith, Denis Italy and its Monarchy, New Haven: Drukpers van Yale-universiteit, 1989 p. 42 In 1870, na twee mislukte pogings deur Garibaldi, het hy na die Pruisiese oorwinning oor Frankryk in die Frans-Prussiese oorlog sy kans gewaag om Rome te verower nadat die Franse onttrek het. Hy het Rome op 20 September 1870 binnegekom en die nuwe hoofstad daar op 2 Julie 1871 gestig, na 'n tydelike verhuising na Florence in 1864. Die nuwe koninklike woning was die Quirinaalpaleis.