Duma Gideon Boko (gebore 31 Desember 1969) is 'n Botswana-politikus en prokureur wat sedert November 2024 as President van Botswana dien en sedert 2012 as leier van die Umbrella for Democratic Change. Hy was van 2014 tot 2019 die opposisieleier in die Nasionale Vergadering.

Duma Boko het die presidentskap van die BNF in 2010 oorgeneem. Hy het die stigting van die Umbrella for Democratic Change (UDC), 'n alliansie van die belangrikste opposisiepartye in Botswana, gelei. Hy het as die alliansie se president in Botswana se algemene verkiesings in 2014 en 2019 deelgeneem.

Tydens die algemene verkiesing op 1 November 2024 het die BDP vir die eerste keer sedert onafhanklikwording in 1966 nie meer ’n volstrekte meerderheid behaal nie en die sittende president Mokgweetsi Masisi het die regeringsmag aan die UDC oorhandig, waarna Duma Boko as sy opvolger ingesweer is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van Botswana Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense