Hierdie artikel handel oor die stad in Engeland. Vir ander gebruike, sien Norwich (dubbelsinnig). Norwich 280px Ligging van Norfolk in Engeland Wapen 190px|senter 90px|senter Ligging in Norfolk 100px|senter|border Land Graafskap Norfolk Koördinate Oppervlakte: - Totaal 39.02 vk km Hoogte bo seevlak ? m Bevolking: - Totaal (2007) 132 200 - Bevolkingsdigtheid 3 388/vk km Tydsone GMT - Somertyd GMT +1 Burgemeester Geen Amptelike Webwerf www.norwich.gov.uk
Norwich (uitgespreek /ˈnɒrɪdʒ/ of /ˈnɒrɪtʃ/) is 'n stad in oostelike Engeland met ongeveer 140 000 inwoners. Sedert 2012 is die stad ook die eerste UNESCO "City of Literature" in Engeland.BBC.co.uk "Norwich named as UNESCO City of Literature" - besoek 3 Oktober 2014 Daar is ook 10 plekke in die VSA, een in Kanada en een in Jamaika wat na Norwich genoem is.
Geskiedenis Voor die Industriële Revolusie was Norwich die tweede grootste (naas Londen) en een van die belangrikste stede in die Koninkryk van Engeland.
Demografie Volgens die 2011-sensus het Norwich 132 512 inwoners gehad, 9% meer as in 2001.2011-sensus (Engeland en Wallis) – besoek 3 Oktober 2014 In 2011 was 90,9% van sy bevolking blankes, 4,5% Asiërs (1,3% Indiërs, 1,3% Sjinese, 1,9% ander) 1,6% swartes en 3,0% van ander etniese afkoms. In sowel die 2001- as die 2011-sensus is Norwich die minste godsdienstige stad in Engeland. In 2011 het 42,5% van die stad se bevolking geen godsdiens gehad terwyl die syfers net 25,1% in Engeland en Wallis was.BBC.co.uk "Norwich 'least religious city' in England and Wales" – besoek 3 Oktober 2014
Opvoeding Norwich het 38 primêre skole en 13 sekondêre skole. Die stad is ook die tuiste van die Universiteit van East Anglia (wat in 1963 gestig is) en Norwich University of the Arts (Kunste-universiteit van Norwich).
Besienswaardighede
Bekende persone gebore in Norwich George Borrow (1803–1881), skrywer Elizabeth Fry (1780–1845), gevangenis hervormer
Susterstede 21px Rouen, Frankryk (sedert 1951) 21px Koblenz, Duitsland (sedert 1978) 21px Novi Sad, Serwië (sedert 1989) 21px El Viejo, Nicaragua (sedert 1996)
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Norfolk