Die Buro van die WAT is ’n maatskappy en organisasie sonder winsoogmerk, ’n openbare weldaadsorganisasie en uitgewer van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Die Buro van die WAT se missie is om ’n omvattend verklarende woordeboek en ander leksikografiese produkte in Afrikaans saam te stel, en sodoende die Afrikaanse taal, sy gebruikers en die leksikografie te dien. Die Buro van die WAT word deur direkteure bestuur. Sedert 2023 is dr. P.A. Louw die uitvoerende direkteur van die Buro van die WAT.
Satellietpublikasies Benewens die Woordeboek van die Afrikaane Taal het die Buro van die WAT oor die jare ook verskeie satellietpublikasies uitgegee:
Woordkeusegids: ’n Kerntesourus van Afrikaans (1992) Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) (2003) Sinonieme en verwante woorde (2006) Etimologiewoordeboek van Afrikaans Supplement (2007) Basic Afrikaans: The top 1000 words and phrases (2011) Prentewoordeboek Afrikaans-IsiXhosa Gr. R–3 (2019) Picture Dictionary English-Afrikaans Gr. R–3 (2019)
Lexikos Lexikos (Grieks vir “van of vir woorde”), ’n geakkrediteerde internasionale vaktydskrif, word sedert 1991 deur die Buro van die WAT uitgegee in die AFRILEX-reeks. Sedert 1996 is dit die mondstuk van die African Association for Lexicography (Afrilex). Artikels word in Afrikaans, Engels, Duits, Nederlands en Frans gepubliseer.
Lexikos is die enigste tydskrif in Afrika wat uitsluitlik aan die leksikografie gewy word. Dit word tans in 23 lande versprei en dit lewer ’n groot bydrae om die leksikografiese gesprek in Afrika, maar ook elders in die wêreld te stimuleer.
Direkteure van die Buro van die WAT Voorsitter: Dr. R. Retief Ondervoorsitter: Prof. R.H. Gouws Uitvoerende direkteur: Dr. P.A. Louw
Ander direkteure: Prof. W.A.M. Carstens Dr. F.S. Hendricks Mnr. H.A.J. Lombard Prof. R.A. Stevens
Personeel Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur: Dr. P.A. Louw Eindredakteur: Mnr. G.J. van Wyk Senior Mederedakteur: Me. A.E. Cloete
Mederedakteurs: Me. N. Bruwer Dr. D. Claassen Me. C. de Kock Dr. A.H. du Plessis Dr. B.G. Odendaal Me. L. Rademeyer Me. E.M. van der Merwe
Redaksionele Medewerkers: Me. G. de Wet Me. J.G.S. Luther Mnr. F.C. Pheiffer
Junior Mederedakteurs: Me. M. Adshade Mnr. D. Hess Me. L. Malgas Me. P.N. Manewil
Finansiële Beampte en Kantoorbestuurder: Me. M. Snyman Bestuurder: Redaksionele Steundiens: Me. T. Harteveld Taalpraktisyn: Me. N. Steyn Datasistematiseerder: Me. M.S. Stofberg Datasistematiseerder: Me. R. Stofberg Datasistematiseerder: Me. C. Lawrie
Sien ook Afrikaans Afrikaanse woordelys en spelreëls Woordeboek van die Afrikaanse Taal HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal)
Bronnelys Odendaal, G. 2017. Die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie deur sy betrokkenheid by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. LitNet Akademies, 14(2):65-91. https://www.litnet.co.za/die-rol-van-die-universiteit-stellenbosch-se-departement-afrikaans-en-nederlands-die-ontwikkeling-van-die-afrikaanse-leksikografie-deur-sy-betrokkenheid-die-woordeboek-van-die-afrikaanse-taal/ Gouws, R. 2021. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word 95. LitNet. https://www.litnet.co.za/wat-95-bekendstelling-van-deel-xvi/ Woordeboek van die Afrikaanse Taal https://www.wat.co.za/
Eksterne skakels Woordeboek van die Afrikaanse Taal Aanlyn WAT Lexikos Afrilex
Kategorie:Afrikaanse letterkunde Kategorie:Suid-Afrikaanse letterkunde Kategorie:Woordeboeke van Afrikaans