Sophie Alexandra Skelton (gebore 7 Maart 1994) is ‘n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rol as Brianna in die Starz drama-reeks, Outlander.

Biografie Sophie Skelton is gebore en getoë in Woodford, ‘n dorp naby Manchester in die noordweste van Engeland. Haar ouers is Simon en Ruth Skelton. Sy is die jongste kind van drie en het twee ouer broers, Sam en Roger. Haar ouers is entrepreneur-kinderspeelgoeduitvinders met hul eie besigheid wat speelgoed en speletjies vir onder andere Disney ontwerp. As kind het sy die ontwikkelende speletjies uitgetoets en het sy gereeld op die verpakking van die voltooide produkte verskyn. Haar ouers het hulle tuis verder uitgeleef in hul beroep. In ‘n onderhoud met Max Williams van ‘n Engelse tydskrif, Square Mile, vertel sy dat elke vertrek in hul huis ‘n ander kleur geverf was en dat verskeie kinderstorie-karakters die mure versier het. Speelgoed was orals; sekere speelgoed-eende sou soms snags vanself kwak-kwak geluide begin maak terwyl die gesin probeer slaap het. Een van haar broers het ‘n speelgoedbeer gehad wat gegrom het as dit onderstebo gedraai word en Skelton het dit nageboots wat haar die blywende familiebynaam van ‘Beer’ of ‘Teddie’ besorg het.

Filmografie Film Jaar Titel Rol Notas 2014 The War I Knew Margaret 2016 Blackbird Rose Kortfilm2017 Another Mother's Son Jess Day of the Dead: Bloodline Zoe Parker 2018 211 Lisa MacAvoy 2022 Stalker Rose Hepburn

Television Jaar Titel Rol Produksie Notas 2012 DCI Banks Becca Smith ITV 2 episodes 2013 The Dumping Ground Esme Vasquez-Jones CBBC Episode: "Esme" 2013−2014 Waterloo Road Eve Boston BBC One 2 episodes 2013, 2015 Doctors Yasmin Carish / Ellen Singleton BBC 2 episodes2015 Foyle's War Student Jane ITV Episode: "Trespass" So Awkward Sofia Matthews CBBC Herhalende rol, 12 episodes Casualty Gemma Holt BBC One 2 episodes 2016 Ren: The Girl with the Mark Ren Aanlyn Herhalende rol, 5 episodes 2016–present Outlander Brianna Fraser STARZ Hoofrol (Seisoen 2 – hede) 48 episodes 2023 Castlevania: Nocturne Julia Belmont (stem) Netflix Episode: "A Common Enemy in Evil"

Verwysings

Kategorie:Engelse aktrises Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1994