Philippus Albertus Opperman was die leier van 'n trekgeselskap wat bestaan het uit ten minste 38 gesinne, wat tussen 1 Oktober 1837 en die einde van daardie jaar vanuit die omgewing van Somerset getrek het. Hulle het die Bamboesberg net noord van Tarkastad met die Roetshoek pas oorgesteek. Hy vestig hom vermoedelik in die omgewing van Potchefstroom op die plaas Vlakfontein wat op 3 November 1849 aan hom toegeken is. Die plaas is geleë naby die Klipdrifdam.
Verwysings