Velkondisies kom voor wanneer die velversperring disfunksioneer.  In hierdie artikel gaan daar oor die verskillende tipes velkondisies, die oorsake van die velkondisies, simptome en die behandeling daarvan te bespreek. Een van die hooffunksies van die menslike vel is om bakterieë, virusse en ander infeksies uit te hou. Dit moet ook vitamien D,’n noodsaaklike vitamiene vir die menslike liggaam vervaardig en is belangrik vir die bene, hart, spiere en immuunstelsel. Soms kan die vel beskadig word wanneer die velversperring disfunksioneer en baie velkondisies kan die mens se gesondheid beïnvloed.

Oorsake van velkondisies Daar is baie oorsake wat verskillende velkondisies kan aktiveer. Van die oorsake sluit in, die lewenstyl van ’n mens, die mens se genetika, hormonale wanbalanse, omgewingsfaktore, bakteriële infeksies of son- of UV-strale. Dit kan ook geaktiveer word as gevolg van onderliggende gesondheidsprobleme soos  nierprobleme of immuunstelselprobleme wat op die mens se vel kan wys.

Hoe kan ’n mens se lewenstyl velkondisies veroorsaak? ’n Mens se lewenstyl is die manier waarop ’n mens leef en kan op baie maniere velkondisies veroorsaak. Dit sluit in:

Slegte dieet keuses: Slegte dieetkeuses soos kossoorte hoog in suiker, vetterige kosse of alkohol kan inflammasie veroorsaak, wat tot aknee-uitbrekings kan lei.

Gewoontes: Sekere gewoontes soos rook kan jou vel uitdroog en ook tot ekseem lei.

Werkstoestande: Verskillende werke, soos harde arbeid, kan n mens aan baie skadelike chemikalieë blootstel, wat ’n allergiese reaksie van die vel kan veroorsaak. Baie ander werke vereis dat mense baie in die son werk, wat ook velkanker kan veroorsaak.

Aantal stres: Stres veroorsaak ’n chemiese reaksie in die liggaam wat n mens meer sensitief maak. Dit veroorsaak ook dat jou vel meer olie produseer wat tot aknee-uitbrekings kan lei.

Hoe kan genetika die toestand van die vel beïnvloed? Genetika speel ’n groot rol in die kondisie van ’n mens se vel. Baie velkondisies soos ekseem en aknee kan deur genetika oorgeërf word. Genetiese variasies beïnvloed die produksie van proteïene soos kollageen en keratien wat help om die vel te herstel en die algemene gesondheid van die vel te verseker. As produksie van die proteïene minder geproduseer word as gevolg van genetika, kan dit tot baie velkondisies en ongesonde vel lei.

Hoe kan omgewingsfaktore ’n mens se velkondisie beïnvloed? Omgewingsfaktore sluit in stowwe soos stuifmeel, stof en ander plante. Party mense het omgewingsallergië wat veroorsaak dat hulle immuunstelsel tot normaalweg onskadelike stowwe reageer. Die reaksies kan tot veluitslae en ander kondisies lei omdat die immuunstelsel die stowwe soos kieme sien. Die immuunstelsel vervaardig dan teenliggaampies om die omgewingsallergië op te spoor. Dit veroorsaak ’n inflammatoriese reaksie waar ’n chemikalië, genaamd histamien, vrygestel word. Die allergiese reaksie veroorsaak uitslae op die vel. Dit veroorsaak ook dat die vel baie droog word en die vel kan ook baie jeuk.

Bakteriële infeksies Bakteriële infeksies kan inflammasie, swelling en ander velkondisies veroorsaak as bakterieë deur snye of oop wonde inbeweeg. Party bakteriële infeksies kan baie maklik behandel word, maar ander kan skadelik wees vir die menslike liggaam en kan tot die dood lei.

Daar is twee algemene velinfeksies:

Streptococcus: Is ’n ligte velinfeksie wat min skade aan die menslike liggaam doen. ’n Voorbeeld hiervan is Impetigo.

Simptome van Impetigo: Klein, rooi letsels op die vel vorm wat jeuk.

Staphylococcus aureus: Dit kan deur swak higiëne veroorsaak word. ’n Voorbeeld hiervan is Metisillien-Weerstandige Staphylococcus aureus (MWSA).

Simptome van MWSA: Rooi, geswelde bulte vorm, gevul met etter wat gewoonlik rondom areas met hare is.

Invloed van son- en UV-strale Sonstrale en ultraviolet (UV)-strale kan ook velkondisies veroorsaak. Dit kan gebeur wanneer die vel aan te veel UV-strale blootgestel word. Die UV-lig beweeg in op die vel se selle en kan die genetiese materiaal of DNS beskadig. Die beskadigde DNS kan veroorsaak dat die selle baie vinnig groei en verdeel, wat tot  klonte van ekstra beskadigde selle lei. Die klonte word gewasse of letsels genoem en kan kankergewasse of onskadelik wees. As die gewasse kankergewasse is, kan dit vinnig versprei na ander dele van die vel en ernstige velkanker veroorsaak.

Onderliggende gesondheidsprobleme Onderliggende gesondheidsprobleme kan ook velkondisies veroorsaak. Van die gesondheidsprobleme is nierprobleme, immuunstelselprobleme en skildklierprobleme.

Niersiektes: Baie mense met chroniese niersiekte ervaar intense jeuk, bekend as Chroniese Niersiekte-geassosieerde Pruritus (CKD-aP). Daar is verskeie redes hiervoor:

Opbou van gifstowwe: Beskadigde niere kan ’n opbou van gifstowwe in die liggaam veroorsaak wat allergiese reaksies veroorsaak.

Inkrimpende sweetkliere: Niersiekte lei tot vloeistofretensie, wat veroorsaak dat bloedvate saamtrek en die bloedvloei na die sweetkliere verminder, wat tot droë vel lei. Hoër vlakke van metaboliese afval: Dit lei tot disfunksie van die senuweestelsel, wat verkeerde seine na die vel stuur, wat n intense jeuk veroorsaak.

Immuunstelselprobleme: Wanneer die immuunstelsel ’n probleem het, kan dit veroorsaak dat die liggaam te veel velselle produseer, wat tot droë, skubberige vel lei. Dit kan ook bewyse wees van n outo-imuunafwyking.

’n Outo-immuunafwyking is ’n immuunstelselprobleem waar infeksiebestrydende selle gesonde velselle aanval. Genetika en omgewingsfaktore speel albei ’n rol in die ontwikkeling van immuunstelselprobleme.

Skildklier-probleem: Die skildklier beheer die hoeveelheid die liggaam sweet. Wanneer daar ’n skildklierprobleem is, kan daar ’n toename of afname in sweetproduksie wees. As daar ’n afname in sweetproduksie is, kan dit veroorsaak dat die vel uitdroog en die vel kan begin jeuk. As daar ’n toename in sweetproduksie is en baie van die sweet vinnig afdroog, kan dit veroorsaak dat die vel ook jeuk.

Outo-immuunafwykings van die skildklier,kan ook velkondisies veroorsaak. Dit is waar die immuunstelsel gesonde selle van die skildklier aanval. Dit kan lei tot die vergroting in die skildklier en die oorproduksie van die skildklierhormoon. Die oorproduksie van die hormoon lei tot die verdikking van die vel wat ook veroorsaak dat die vel jeuk.

Diabetes se invloed op die menslike vel Diabetes kan ook veroorsaak dat die vel jeuk en droog word. Diabetes veroorsaak baie hoë bloeddruk. Die hoë bloeddruk veroorsaak dat die bloedvate reg onder die vel, breër en beskadig word. Wanneer bloed deur die beskadigde bloedvate vloei, kan die bloed uitlek tot op die vel. Dit kan veroorsaak dat die vel nie genoeg suurstof kry nie en die vel laat jeuk.

Hoe kan hormonale wanbalans velkondisies beïnvloed? Hormone speel ’n groot rol van die gesondheid van die vel. Verskillende hormone speel verskillende rolle in jou liggaam:

Estrogeen se funksie in die liggaam ,is om die vogtigheid vlakke van die vel te behou en om kollageen te produseer. Soos ’n mens ouer word, word daar minder estrogeen in die liggaam vervaardig. Dit beteken dat die vel uitdroog en minder elasties word. Testosteroon stimuleer die sebumproduksie in ons liggaam. Sebum vervaardig die natuurlike olies op die vel en in n oormate,kan dit tot aknee lei. Progesteroon veroorsaak ook dat daar meer olies op die vel produseer word (as gevolg van toename in sebumproduksie) wat ook tot aknee kan lei. Kortisol is die hormoon wat vervaardig word wanneer ’n mens baie stres ervaar. Die hormoon veroorsaak inflammasie op die vel, wat tot ekseem of aknee kan lei.

Vlakke van intensiteit van verskillende velkondisies Verskillende velkondisies het verskillende simptome of bewyse van die soorte velkondisies. Daar is ook verskillende vlakke van hoe erg die verskillende velkondisies kan wees. Die verskillende vlakke is ligte, hanteerbare, ernstige, lewensgevaarlike, chroniese en akute velkondisies.

Ligte velkondisies Ligte velkondisies se simptome kom net partykeer voor. Dit het minimale impak op die daaglikse lewe. Mediese aandag is nie benodig nie, maar kan benodig word om voorgeskrifte medikasies te kry. Ligte velkondisies is maklik hanteerbaar. Van die simptome van velkondisies is ligte veldroogheid en minimale jeuk.

Hanteerbare velkondisies Simptome van hanteerbare velkondisies kan deur lewenstylveranderinge beheer word. Daar kan mediese aandag benodig wees. Die hanteerbare velkondisies het ’n minimale tot matige impak op die daaglikse lewe. Van die simptome van hanteerbare velkondisies is droë vel en matige inflammasie van die vel. Dit kan behandel word deur:

Lewenstylaanpassing deur dieet te verbeter, stres te verminder en meer te oefen. Velsorgroetines. Voorgeskrifte medikasies te gebruik.

Ernstige velkondisies Simptome van ernstige velkondisies is intens. Dit het ’n groot impak op die daaglikse lewe. Ernstige velletsels wat op die liggaam vorm is ook simptome van ernstige velkondisies. Velverkleuring en ernstige velverdikking kan ook plaasvind.

Lewensgevaarlike velkondisies Simptome van lewensgevaarlike velkondisies is ernstig en potensiël dodelik. Onmiddellike mediese hulp is benodig om die ernstige velkondisies te behandel. Van die simptome van die velkondisies is die vorming van letsels of gewasse op die vel. Die gewasse kan ook kankergewasse wees. Nog ’n simptoom is, dat die mens baie erge, rooi veluitslae kry, wat baie vinnig regoor die liggaam kan versprei. Die uitslae kan ook ’n baie hoë koors veroorsaak.

Chroniese velkondisies Simptome van ’n chroniese velkondisie bly oor tydperk. Daar word vereis om die kondisie deurlopend te bestuur. Dit is ook noodsaaklik dat mediese hulp gekry word. Simptome van chroniese velkondisies is dat ’n mens ’n baie intense jeuk op die vel kry. Met chroniese velkondisies kan ’n mens ook baie uitgedroogte en pynvolle vel kry.

Akute velkondisies Simptome van akute velkondisies verskyn baie skielik. Simptome kan op hul eie weggaan, maar dit is beter om die velkondisie vinnig te behandel of te bestuur voordat die kondisie erger word of versprei. Die simptome van akute velkondisies is die vorming van rooi sere op die vel, inflammasie en koors.

Om die vlak van intensiteit, van hoe erg verskillende velkondisies is, te verstaan, help dit om die beste behandeling en bestuur te bepaal.

Algemene simptome van velkondisies en wat dit veroorsaak Verskillende velkondisies het verskillende simptome, bewyse en oorsake. Sommige simptome kan ook die oorsake van velkondisies wees. Hier is 'n lys simptome en wat hulle kan veroorsaak:

Inflammatoriese simptome en probleme

Rooiheid: Baie rooi areas of kolle vorm op die vel. Rooiheid kom voor omdat daar verhoogde bloedvloei na geaffekteerde areas is. Die verhoogde vloei van bloed word deur inflammasie veroorsaak. Die inflammasie verwyd die bloedvate en veroorsaak die rooi areas op die vel. ’n Warm of hitte sensasie word ook by die geaffekteerde areas gevoel. Die inflammasie wat die rooiheid veroorsaak, kan deur allergiese reaksies of UV-skade veroorsaak word.

Swelling: Daar is ook pofferigheid of inflammasie by die geaffekteerde areas op ’n mens se vel. Daar is swelling omdat daar vloeistofretensie is. Die geaffekteerde area is ook baie pynvol en seer. Swelling kan deur hormonale veranderings of allergiese reaksies veroorsaak word.

Warmte: Die temperatuur van die vel kan verhoog word en kan ’n simptoom wees van velkondisies. Die verhoogde veltemperatuur kan veroorsaak dat ’n mens hoë koors kry, baie sweet, letsels op die vel kry, gewrigspyn ervaar en ook baie moeg voel.  Allergiese reaksies of bakteriële infeksies kan inflammasie veroorsaak. Die inflammasie veroorsaak dat die metaboliese tempo verhoog. Die verhoogde metaboliese tempo genereer meer hitte in die liggaam wat veltemperature kan verhoog.