James Christopher Harrison (gebore op 27 Desember 1936) is 'n bloedplasma-skenker van Australië. Hy staan ook bekend as "The Man with The Golden Arm". Harrison se bloed bevat 'n seldsame teenliggaam wat gebruik word om 'n medikasie genaamd anti-D-immunoglobulien te maak, ook bekend as Rh-immunoglobulien. Hierdie medikasie word aan moeders gegee, wat die risiko loop vir iets wat "Rh-onversoenbaarheid" met hul fetus genoem word. Dit beteken dat die moeder se immuunstelsel die fetus se rooibloedselle kan aanval en vernietig. Hierdie siekte staan bekend as Rhesus siekte. senter|duimnael|400x400px|Buise gevul met bloed +James Christopher HarrisonGebore27 Desember 1936 in Junee, Nieu-Suid-Wallis, Australië.OuderdomOp die datum waarop hierdie artikel gepubliseer is, is James Harrison op die ouderdom van 87 nog lewendig en gesond.Bekend virBloedplasma-skenkings elke week, vir ongeveer 60 jaar, waar daar 'n teenliggaam vanuit sy bloedplasma gemaak is, genaamd anti-D immunoglobulien, wat aan moeders gegee is wat die risiko van die Rhesus siekte geloop het. Harrison het ongeveer 2,4 miljoen baba's se lewens gered deur altesaam 1173 keer bloed te skenk.EggenootBarbara Lindbeck - oorlede in 2005.Ook bekend as"The Man with the Golden Arm" Afrikaans : "Die Man met die Goue Arm"

Wat is die Rhesus siekte? Rhesus siekte is 'n toestand waar teenliggaampies in die bloed van 'n swanger vrou, die bloedselle van haar baba vernietig. Dit staan ook bekend as rooisel-teenliggaampies en Hemolitiese siekte van die pasgeborene (HDFN).

Wat veroorsaak Rhesus siekte? Rhesus siekte word veroorsaak deur 'n spesifieke mengsel van bloedgroepe tussen 'n swanger moeder en haar ongebore baba.

Dit kan slegs voorkom waar al die volgende gebeur, waar die:

Moeder 'n rhesus-negatiewe (RhD-negatiewe) bloedgroep het. Baba 'n rhesus-positiewe (RhD-positiewe) bloedgroep het. Moeder is voorheen aan RhD-positiewe bloed blootgestel en 'n immuunrespons daarop ontwikkel het (bekend as sensitisering).

Dus kom die Rhesus siekte slegs voor wanneer die moeder rhesus-negatiewe bloed (RhD-negatief) en die fetus rhesus-positiewe bloed (RhD-positief) het. Die moeder moes ook voorheen sensitief gewees het vir RhD-positiewe bloed.

Sensitisering vind plaas wanneer 'n vrou met RhD-negatiewe bloed aan RhD-positiewe bloed blootgestel word, gewoonlik tydens 'n vorige swangerskap met 'n RhD-positiewe baba. Die vrou se liggaam reageer op die RhD-positiewe bloed deur teenliggaampies (infeksiebestrydende molekules) te produseer wat die vreemde bloedselle herken en vernietig.

Hoe lei sensitisering na Rhesus siekte? As sensitisering plaasvind, produseer die moeder se liggaam onmiddellik teenliggaampies die volgende keer as sy aan RhD-positiewe bloed blootgestel word. As sy swanger is met 'n RhD-positiewe baba, kan die teenliggaampies die plasenta binne dring en Rhesus siekte by die ongebore baba veroorsaak. Die teenliggaampies kan vir 'n paar maande na geboorte voortgaan om die baba se rooibloedselle aan te val.

Diagnose van Rhesus siekte Rhesus siekte word gewoonlik gediagnoseer tydens die roetine-voorgeboortelike ondersoeke en toetse wat tydens swangerskappe uitgevoer word onder andere :

1. Bloedtoetse 'n Bloedtoets moet vroeg in die swangerskap uitgevoer word om te toets vir toestande soos ystertekort (anemie), Duitse masels, MIV en vigs en Hepatitis B.

Die bloed sal ook getoets word om vas te stel watter bloedgroep die persoon is, en of die bloed Rhesus (RhD) positief of negatief is.

As die persoon RhD-negatief is, sal die bloed nagegaan word vir die teenliggaampies (anti-D-teenliggaampies) wat RhD-positiewe rooibloedselle vernietig.

As geen teenliggaampies gevind word nie, sal die bloed weer na 28 weke van swangerskap gekontroleer word en sal daar 'n inspuiting van 'n medikasie (anti-D-immunoglobulien) toegedien word om die risiko te verminder dat die baba Rhesus siekte ontwikkel.

As anti-D-teenliggaampies tydens swangerskap in die bloed van die moeder bloed opgespoor word, is daar 'n risiko dat die ongebore baba deur rhesus siekte geraak sal word. Om hierdie rede sal die moeder en haar baba meer gereeld as gewoonlik tydens die swangerskap gemonitor moet word.

In sommige gevalle kan 'n bloedtoets uitgevoer word om die vader se bloedgroep na te gaan as die moeder RhD-negatiewe bloed het. Dit is omdat die baba nie die risiko loop om rhesus siekte te kry as beide die moeder en vader RhD-negatiewe bloed het nie.

2. Kontrolering van die baba se bloedgroep Dit is moontlik om vas te stel of 'n ongebore baba RhD-positief of RhD-negatief is deur 'n eenvoudige bloedtoets tydens die swangerskap te doen.

Genetiese inligting (DNA) van die ongebore baba kan in die moeder se bloed gevind word, waardeur die bloedgroep van die ongebore baba dan sonder enige risiko nagegaan kan word. Dit is gewoonlik moontlik om 'n betroubare resultaat van hierdie toets te kry na 11 tot 12 weke van swangerskap, wat lank genoeg is voordat die baba die risiko loop van die teenliggaampies wat deur die moeder se bloed opgebou kan word.

As die baba RhD-negatief is, loop die baba nie die risiko van rhesus siekte nie en daar is dus geen ekstra monitering of behandeling nodig nie. As daar wel gevind word dat die baba RhD-positief is, sal die swangerskap noukeuriger gemonitor word sodat enige probleme wat mag voorkom, so vinnig as moontlik behandel kan word.

In die toekoms kan RhD-negatiewe vroue wat nie anti-D-teenliggaampies ontwikkel het nie, hierdie toets gereeld uitgevoer word om te monitor of hulle 'n baba met 'n RhD-positiewe of RhD-negatiewe bloedgroep het, om onnodige behandeling te vermy.

3. Monitering tydens swangerskap As die baba die risiko loop om Rhesus siekte te ontwikkel, sal hulle gemonitor word deur die bloedvloei in hul brein te meet. As die baba aangetas word, kan hul bloed dunner wees en baie vinniger as normaal vloei. Dit kan gemeet word met behulp van 'n ultraklankskandering wat 'n "Doppler-ultraklank" genoem word.

As 'n Doppler-ultraklank toon dat die baba se bloed vinniger as normaal vloei, kan 'n prosedure genaamd fetale bloedmonsters (FBS) gebruik word om te kyk of die baba anemies is (ystertekort).

Hierdie prosedure behels dat daar 'n naald deur die buik van die moeder gesteek word, om 'n klein monster bloed van die baba te onttrek. Die prosedure word onder plaaslike verdowing uitgevoer, gewoonlik op 'n buitepasiëntbasis, sodat die moeder op dieselfde dag huis toe kan gaan.

Daar is 'n klein (gewoonlik 1- tot 3%) kans dat hierdie prosedure kan veroorsaak dat die swangerskap getermineer word, so die prosedure moet slegs uitgevoer word indien uiters noodsaaklik.

Diagnose by 'n pasgebore baba As die moeder RhD-negatief is, sal bloed uit haar baba se naelstring geneem word wanneer hy/sy gebore word. Dit is om hul bloedgroep na te gaan en te sien of die anti-D-teenliggaampies in hul bloed oorgedra is. Dit word 'n Coombs-toets genoem.

As dit bekend is dat die moeder anti-D-teenliggaampies het, sal die bloed van haar baba ook getoets word vir ystertekort en pasgebore geelsug.

Simptome van Rhesus siekte by volwassenes Rhesus siekte beïnvloed slegs die baba, dus sal die moeder sal geen simptome ervaar nie.

Simptome van Rhesus siekte by 'n ongebore baba As die baba rhesus siekte ontwikkel voor geboorte, kan hulle bloedarmoede ontwikkel (anemie) omdat hul rooibloedselle vinniger as gewoonlik deur die moeder se teenliggaampies vernietig word.

As die baba bloedarmoede ontwikkel het, sal hul bloed dunner wees en vinniger vloei as die van babas sonder bloedarmoede (anemie).

Dit veroorsaak gewoonlik geen merkbare simptome by die baba nie nie, maar dit kan opgespoor word met 'n ultraklankskandering, wat bekend staan as 'n "Doppler-ultraklank".

As die bloedarmoede van die baba baie ernstig is, kan komplikasies van rhesus siekte, soos inwendige swelling, tydens skanderings opgespoor word.

Simptome van Rhesus siekte by 'n pasgebore baba Die twee hoofprobleme wat veroorsaak word deur rhesus siekte by 'n pasgebore baba:

Hemolitiese anemie. Pasgebore geelsug. In sommige gevalle kan die baba ook lae spiertonus (hipotonie) hê en hulle kan nie energie hê nie.

As 'n baba Rhesus siekte het, sal hulle nie altyd duidelike simptome hê wanneer hulle gebore word nie. Simptome kan soms tot drie maande daarna ontwikkel.

Simptome - Wat is hemolitiese anemie?

Hemolitiese anemie kom voor wanneer rooibloedselle vernietig word.

Dit gebeur wanneer die teenliggaampies van die moeder se RhD-negatiewe bloed die plasenta - in die baba se bloed - binne dring. Die teenliggaampies val dan gedurende die proses die baba se RhD-positiewe bloed aan en vernietig die rooibloedselle. Dit kan dan hemolitiese anemie by pasgebore babas veroorsaak, omdat hulle nou 'n tekort aan rooibloedselle het.

Die simptome van hemolitiese anemie by 'n pasgebore baba kan 'n bleek vel, verhoogde tempo van asemhaling, 'n baie swak voeding of somtyds geelsug wees.

Simptome - Wat is geelsug? Pasgebore geelsug maak 'n baba se vel, asook die wit pigment van hul oë, geel. Met babas wat 'n donkerder vel het, sal die geel pigment die duidelikste in hul oë of selfs op hul handpalms en voete se sole wees.

Geelsug word veroorsaak deur 'n opbou van 'n chemikalie genaamd bilirubien in die bloed. Bilirubien is 'n geel stof wat natuurlik in die liggaam gemaak word wanneer rooibloedselle afgebreek word. Dit word gewoonlik deur die lewer uit die bloed verwyder, sodat dit in urine uit die liggaam gestuur kan word.

By babas met Rhesus siekte kan die lewer nie die hoë vlakke van bilirubien verwerk wat opbou as gevolg van die baba se rooibloedselle wat vernietig word nie, en dus vorm daar 'n geel pigment - wat geelsug genoem word.

Langtermyngevolge van Rhesus siekte op kinders Die gevolge van Rhesus siekte op kinders kan soms baie ernstig wees, afhangende van die graad van skade wat tydens swangerskap plaasgevind het.

Hier is 'n oorsig van moontlike langtermyngevolge :

Bloedarmoede - Kinders wat aan Rh siekte ly, kan chroniese bloedarmoede hê, as gevolg van die afbreking van rooibloedselle. Dit kan weer lei tot verminderde energie en groot inspanning om aan aktiwiteite deel te neem. Geelsug - Potensiële langdurige orgaanprobleme, indien dit nie behandel word nie. Neurologiese skade - In ernstige gevalle van geelsug, kan dit tot neurologiese skade lei. Dit kan aanleiding gee tot ontwikkelings agterstande en langdurige motoriese- of kognitiewe gestremdhede. Hartsiektes - Kinders wat ernstige bloedarmoede ervaar het, kan 'n verhoogde risiko van hartsiektes op die langtermyn hê, aangesien die hart harder moet werk om bloed eur die liggaam te pomp. Immuniteitsprobleme - Die imuunstelsel kan beïnvloed word, wat 'n groter risiko vir infeksies kan inhou, veral wanneer daar bloedoortappings benodig word. Groei- en ontwikkelingsprobleme - Sommige kinders kan probleme met groei en ontwikkeling ondervind, wat hulle algehele gesondheid en welstand kan beïnvloed.

Die langtermyngevolge van Rh-siekte kan van matig tot ernstig wissel, en dit is baie belangrik dat kinders wat aan hierdie toestand ly, gereeld deur 'n dokter ondersoek word om sodoende enige probleme vroegtydig op te spoor en te behandel. Met behoorlike mediese sorg, kan baie van die gevolge bestuur of geminimaliseer word.

Die lewensverwagting van kinders met Rh-siekte kan baie wissel, afhangend van die ernstigheid van die toestand en die effektiwiteit van die behandeling wat hulle ontvang. Kinders met 'n ligte graad van Rh-siekte, wat vroegtydig gediagnoseer en behandel word, het oor die algemeen 'n goeie prognose en kan 'n normale lewensverwagting hê. Kinders wat ernstige komplikasies ervaar, soos neurologiese skade of selfs hartprobleme, kan 'n verminderde lewensverwagting hê. Die algemene gesondheid en welstand van die kind, wat insluit voeding, immuniteit en lewenstyl speel 'n geweldige groot rol.

Voorkoming van die Rhesus siekte met behulp van medikasie