Die valswaterbessie (Rhynchocalyx lawsonioides) is 'n boom wat deel van die Penaeaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom van die Oribiravyn tot by Port St Johns in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2500 km² en word bedreig deur indringerplant, te veel veldbrande en onbeheersde gebruik vir vuurmaakhout en boumateriaal.

Die boom is die enigste spesie in die genus, dit is dus 'n monotipiese genus. Die plant se FSA-nommer is 523.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World

lawsonioides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Monotipiese takson