Farhat Essack is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert April 2022 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie (DA) is. Esaack het voorheen as 'n raadslid van Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit gedien van 1996 tot 2014 en as 'n Permanente Afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies vir Mpumalanga van 2014 tot 2019.
Politieke loopbaan Essack is nie ná die algemene verkiesing van 2019 terug by die NRP aangestel nie. Hy is in 2020 herkies as die DA se provinsiale finansiële voorsitter in Mpumalanga.
In Desember 2020 het die DA aangekondig dat Essack sou tergkeer as DA-lid in die Nasionale Vergadering (die parlement). Hy is op 25 April 2022 ingehuldig.
Persoonlike lewe Essack is getroud met Nadia, en hulle het twee kinders, Noushina en Yasser.
Verwysings
Eksterne skakels Profiel by Parlement van Suid-Afrika
Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie