thumb|320px|'n Uitsig op die Ozarks uit Arkansas.
Die Ozarkplato, Ozarkberge of Ozarkhoogland, kortweg bekend as die Ozarks, is 'n streek in die deelstate Missouri, Arkansas en Oklahoma in die VSA, sowel as 'n klein deel van Kansas. Die Ozarks dek 'n aansienlike deel van Noord-Arkansas en die grootste deel van die suidelike helfte van Missouri.
thumb|links|260px|Die Sint Francoisberge, soos gesien uit Missouri. Daar is twee bergreekse in die Ozarks: die Bostonberge van Arkansas en Oklahoma, en die Sint Francoisberge van Missouri. Die Wahzhazhepiek is op 781 m die hoogste punt in die Ozarks; dit is in die Bostonberge geleë. Geologies is die gebied 'n breë koepel, met die ontblote kern in die antieke Sint Francoisberge. Die Ozarks dek amper 120 000 km2, en dit is dus die grootste hooglandstreek tussen die Appalache en die Rotsgebergte.
Die Salemplato, wat genoem is na Salem, Missouri, is die grootste geologiese gebied van die Ozarks. Die tweede grootste is die Springfieldplato, genoem na Springfield, Missouri, wat die bynaam Queen City of the Ozarks het. Aan die noordelike grens van die Ozarks is die stede St. Louis en Columbia, Missouri. Belangrike stede van die streek in Arkansas sluit in Fayetteville, Bentonville, Springdale, Eureka Springs en Fort Smith. Branson, net noord van die grens tussen Arkansas en Missouri, is 'n toeristebestemming waar die Ozarkkultuur gewild is.
Etimologie Die toponiem Ozarks is dalk afgelei van die Franse afkorting aux Arcs (kort vir aux Arcansas, "van die Arkansas" (meervoud).Okrent, Arika (August 20, 2014). "Why Isn't 'Arkansas' Pronounced Like 'Kansas'?" Mental Floss. Besoek op 11 Julie 2021. In die dekades voor die Frans-Indiese Oorlog van 1754 tot '63, het aux Arkansas verwys na Frankryk se handelspos by Arkansas Post, by die samevloei van die Arkansas- en die Mississippirivier.
Nog 'n moontlike etimologiese oorsprong is die Franse frase aux arcs, "land van die boë", met verwysing na die dosyne natuurlike brûe wat deur erosie gevorm is en ingevalle grotte in die streek.Watkins, Conor. "Ozarks geology: Clifty Creek Natural Area includes natural bridge" , The Ozarks Chronicle, Rolla, Mo.
Teen die vroeë 20ste eeu is die naam "Ozarks" algemeen gebruik.McMillen, Margot Ford. A to Z Missouri: The Dictionary of Missouri Place Names, Columbia, Missouri: Pebble Publishing, 1996.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Geografie van Amerika Kategorie:Kultuur in die Amerikas