Rembrandt van Rijn (15 Julie 1606 – 4 Oktober 1669) was 'n Nederlandse skilder en etser. Hy word oor die algemeen as een van die beste skilders in die geskiedenis van Europese en Nederlandse kuns beskouGombrich, bl. 420. en die belangrikste Hollandse meester van die 17de eeu. Sy bydraes tot kuns was tydens die sogenaamde Nederlandse Goue Eeu, 'n tydperk in die 17de eeu wat die hoogtepunt van die Nederlandse kultuur, wetenskap, handel en mag gevorm het. Hy het in totaal ongeveer 300 skilderye, 300 etse en 2000 tekeninge geskep. Sy werk behoort tot die Barokstyl en is beïnvloed deur die Italiaanse skilder Caravaggio (1571 - 1610). Hy was die enigste Hollandse skilder wat sy werke met sy voornaam onderteken het.
Rembrandt het reeds in sy jeug sukses behaal as 'n portretskilder, maar sy latere jare is gekenmerk deur persoonlike tragedie en finansiële teëspoed. Sy tekeninge en skilderye was egter steeds gewild tydens sy eie leeftyd en hy het 'n hoë reputasie as kunstenaar geniet.Gombrich, bl. 427. Vir twintig jaar lank het hy byna elke belangrike Nederlandse skilder opgelei.Clark, bl. 203. Voorbeelde van Rembrandt se grootste kreatiewe seges is sy portrette van tydgenote, selfportrette en illustrasies van Bybeltonele. Die selfportrette vorm 'n unieke en intieme biografie, waarin die kunstenaar homself sonder ydelheid en met opregtheid beskou het.
In sy werke het Rembrandt 'n volledige kennis van klassieke ikonografie tentoongestel, maar dan aangepas tot die vereistes van sy ervaring. Dus was die uitbeelding van 'n Bybeltoneel gebaseer op Rembrandt se kennis van die teks, sy assimilasie van klassieke komposisie en sy waarnemings van die Joodse bevolking van Amsterdam.Clark, bl. 203-4.
Lewensloop Rembrandt van Rijn is op 15 Julie 1606 in Leiden gebore in die Weddesteeg, as die negende kind van die meulenaar Harmen Gerritszoon en 'n welgestelde bakkersdogter Cornelia of "Neeltje" van Zuytbrouck. Rembrandt het daar die Latynse skool bygewoon en sy ouers het hom reeds kort voor sy 14de verjaardag by die Universiteit van Leiden ingeskryf. Dit het egter daar gebly, omdat die jong Rembrandt te kenne gegee het dat hy liewer 'n skilder wil word. Op 15-jarige ouderdom het sy ouers hom as vakleerling by die Leidse geskiedenisskilder Jacob Swanenburgh ingeskryf. Rembrandt het drie jaar onder Swanenburg gestudeer, waarna hy in 1625 na Amsterdam vertrek het om onderrig te word deur die destyds toonaangewende skilder Pieter Lastman, van wie hy geleer het hoe om komposisies op te bou. Vervolgens het hy 'n ateljee in Leiden geopen, waar hy dikwels saam met sy vriend, studiegenoot en kollega Jan Lievens gewerk het. Constantijn Huygens, kunskenner en die toenmalige sekretaris van die stadhouer (die gewestelike gesag) het die ateljee besoek en later sy bewondering oor die werk van die twee opkomende kunstenaars uitgespreek.Huygens, C. (z.j.) Mijn jeugd, bl. 84-87. Vertaling en toelichting: C.J. Heesakkers (1987). In 1627 het Rembrandt sy eerste leerlinge aangeneem, onder wie Gerrit Dou en Isaac de Jouderville. Een van die eerste Amsterdamse kopers van sy werk was die koopman en ridder Johan Huydecoper van Maarsseveen.Schwarz, G. (1987) Rembrandt, bl. 134.
duimnael|links|200px|Selfportret uit 1630 Teen 1631 was Rembrandt al só bekend dat hy verskillende opdragte gekry het, onder meer van Nicolaes Tulp, 'n beroemde dokter en burgemeester van Amsterdam. Rembrandt het dit toe goedgedink om na Amsterdam te verhuis, wat toe vinnig besig was om as die nuwe besigheidshoofstad van Nederland te ontwikkel. Daar het hy oorspronklik by 'n kunshandelaar gebly, Hendrick van Uylenburgh, van wie hy nog meer opdragte gekry het, soos 'n portret van die bekende Nederlandse predikant en skrywer, Johannes Wtenbogaert. Rembrandt het in hierdie tyd 'n enorm aantal werke geproduseer, iets wat hy nooit weer sou ewenaar nie.
In 1634 het hy met Hendrick se niggie, Saskia van Uylenburgh, getrou. Saskia het uit 'n goeie familie gekom: haar pa, Rombertus van Uylenburgh, was vroeër die burgemeester van die stad Leeuwarden in Friesland; haar swaer was die Poolse teoloog Johannes Maccovious; haar niggie, Hendrickje, was getroud met die Friese skilder Wybrand de Geest en haar ander niggie, Aeltje, was getroud met Johannes Silvious, die predikant van die Oude Kerk in Amsterdam. Aeltje het ook as getuie opgetree by Rembrandt en Saskia se huwelik. Hulle het in Friesland, in die dorp Sint Annaparochie, getrou, sonder die aanwesigheid van Rembrandt se familie.
Vir die eerste jare van hul huwelik het die egpaar by ene Willem Boreel gewoon, in 'n vername huis in die Nieuwe Doelenstraat in Amsterdam, maar in 1639 verhuis hulle na hul eie huis in Sint Antoniebreestraat. Dit was 'n straat met baie immigrante aan die begin van die Joodse buurt. Vandag is hierdie huis 'n museum, Het Rembrandtuis, aan die Jodenbreestraat.
Sint Antoniebreestraat Rembrandt en sy vrou het, ondanks hul welgesteldheid, 'n aantal persoonlike teenslae gehad; die egpaar moes drie keer 'n kind vlak ná sy geboorte begrawe: hul seun Rumbartus het twee maande ná sy geboorte in 1635 gesterf en hul dogter Cornelia ná slegs drie weke in 1638. In 1640 het hulle 'n tweede dogter gehad, ook Cornelia genoem, maar sy is ná slegs een maand oorlede. Hul vierde kind, Titus, is in 1641 gebore, en nog 'n begrafnis het gevolg, nie dié van Titus nie, maar van Saskia. Sy het in 1642, kort ná Titus se geboorte, gesterf, waarskynlik aan tuberkulose. Op haar sterfbed het sy Rembrandt laat beloof dat hy nooit weer sou trou nie. Sy tekeninge van haar in haar laaste dae word onder sy hartroerendste werke gereken.Slive, bl. 71
Tydens Saskia se siekte het Rembrandt die weduwee Geertje Dircx uit Ransdorp as oppasser vir Titus in diens geneem.Broos, B. (1999) Das Leben Rembrandts van Rijn (1606-1669). In: Rembrandt Selbstbildnisse, bl. 79. Hul verhouding het in 'n romanse ontwikkel, maar is in die hof beëindig. Geertje het Rembrandt daarvan beskuldig dat hy belowe het om met haar te trou, ten einde met haar te slaap, maar daarna sy belofte verbreek het. Rembrandt het ontken dat hy ooit beloof het om met haar te trou en, nadat hy uitgevind het dat Geertje van Saskia se juwele verpand het, het hy (met behulp van Saskia se broer en hul bure), die hof oortuig om Geertje vir 12 jaar in 'n "spinhuis" in Gouda te laat opsluit, 'n gevangenis vir vroue waar die gevangenes oordag tekstiel moes spin. Rembrandt het hierdie tyd nie onaangedaan deurgebring nie; hy het in 1649 uiters min werke geproduseer.
Aan die einde van sy verhouding met Geertje, het Rembrandt 'n romantiese verhouding met sy huishoudster, Hendrickje Stoffels, begin. In 1654 het Hendrickje 'n amptelike berisping van die Gereformeerde kerk gekry, omdat sy "in hoererij leefde" met die skilder. Rembrandt was nie 'n amptelike lidmaat van die kerk nie, dus is hy nie vermaan nie. In daardie selfde jaar het die paartjie 'n dogter gekry, wat hulle Cornelia genoem het.
duimnael|links|200px|Selfportret, 1658 Rembrandt het in hierdie tyd bo sy stand gelewe. Hy het dikwels eksotiese voorwerpe gekoop (soos kledingstukke) wat hy in sy skilderye sou gebruik. Hy het ook talle kunswerke op veilings gekoop, waaronder duur skilderye deur die beroemde Nederlandse skilder, Lucas van Leyden, vir wie Rembrandt groot bewondering gehad het. In 1656 kon hy nie meer sy verpligtinge nakom om die lenings vir sy huis af te betaal nie. Die burgemeester, Cornelis Jan Witsen, van wie die geld geleen is, het versoek dat Rembrandt bankrot verklaar word. In 1658 is Rembrandt se besittings opgeveil om sy enorme skuld te betaal. Die inventaris bestaan steeds en bied 'n goeie insig in Rembrandt se besittings: buiten skilderye en tekeninge deur Ou Meesters, het hy ook borsbeelde van Romeinse keisers gehad, talle voorwerpe uit Asië (waaronder Japannese wapenrustings) en versamelings van natuurlike geskiedenis en minerale. Die veilings het egter teleurstellende pryse behaal en Rembrandt kon nie anders as om sy huis ook te verkoop nie. Hy is twee jaar toegestaan om 'n ander woning te soek en in 1660 het hy na 'n nederige huurwoning in Rozengracht in Amsterdam verhuis.
Die Amsterdamse Skildersgilde het 'n nuwe reël gemaak dat niemand in Rembrandt se situasie as skilder mag handel dryf nie. Om hierdie reël te omseil het Titus en Hendrickje in 1660 hul eie skilder- en kunshandel begin, met 'n ateljee op die Bloemgracht, waar Rembrandt as hul werknemer onverpoos kon bly skilder. In 1661 het die besigheid opdrag gekry om die werk vir die nuwe stadsaal te voltooi, na Govert Flinck, die oorspronklike skilder, gesterf het nog voor hy aan die opdrag kon begin. Rembrandt se Sameswering van Claudius Civilis is egter afgekeur en aan hom teruggestuur. Die bestaande werk is maar slegs 'n fragment van die oorspronklike.Clark 1974, bl. 60-61 In hierdie tyd het Rembrandt sy laaste vakleerling in diens geneem, Aert de Gelder. In 1662 het hy verdere groot opdragte gekry, waaronder Die Staalmeesters.
Kort daarna, in 1663, is Hendrickje oorlede toe 'n plaag Amsterdam getref het wat 24 148 lewens geëis het. Titus en Rembrandt het die plaag oorleef en Titus het in 1668 getrou. Kort ná die geboorte van sy dogter, Titia, sterf Titus ook aan die plaag en minder as 'n jaar ná hom sterf Rembrandt ook, op 4 Oktober 1669, op 63-jarige ouderdom. Hy is vier dae later in 'n gehuurde graf in die Westerkerk in Amsterdam begrawe.
Werke duimnael|links|Christus in die storm op die meer van Galilea, 1633. Steeds soek na dit in 1990 uit die Isabella Stewart Gardner-museum gesteel is. In 'n brief aan Huyghens het Rembrandt geskryf oor wat hy hoop om met sy kuns te bereik: die meeste ende di naetuereelste beweechgelickheijt. Dit is nie duidelik waarna hierdie "beweeglikheid" verwys nie: sommige meen dit verwys na emosie, terwyl ander glo dat dit na sy doele of materiaal kan verwys. Hoe dit ook al sy, Rembrandt het daarin geslaag om die aardlike en geestelike te vermeng soos min ander Westers kunstenaars kon.Hughes, bl. 6
Kunskenners uit die vroeë 20ste eeu het geglo dat Rembrandt meer as 600 skilderye, naastenby 400 etse en 2000 tekeninge geskep het. Onlangse navorsing, van die 1960's tot tans (veral deur die Rembrandt Navorsingsprojek) het sy oeuvre tot ongeveer 300 skilderye uitgewan. Hierdie getal is egter slegs 'n benadering: verskillende projekte biede verskillende totale met sommige werke as "waarskynlik outentiek", "moontlik outentiek" en "waarskynlik nie outentiek nie" gemerk, wat die saak verder vetroebel. Sy totaal etse nader ook die 300 merk en is 'n stabieler totaal. Rembrandt het waarskynlik meer as die 2000 oorblywende tekeninge geskep, alhoewel die getal oorblywendes tog minder as 2000 is: 'n nuwe analise van al Rembrandt se tekeninge is tans aan die gang, maar 'n analise van die Berlyn-versameling, byvoorbeeld, dui daarop dat van die 130 tekeninge in hul besit, slegs omtrent 60 werklik deur Rembrandt geskep is.Codart
Een was daar ongeveer 90 skilderye wat as selfportrette beskou was, maar dit het sedertdien bekend geword dat Rembrandt se studente sy selfportrette sou kopieer as deel van hul opleiding. Moderne akademici het die getal selfportrette tot net meer as 40 skilderye verminder, plus 'n paar tekeninge en 31 etse. Hierdie selfportrette bied nogtans 'n merkwaardige blik op Rembrandt se lewe: van 'n onseker jong man, tot die suksesvolle skilder van die 1630's, tot die kragtige portrette van die skilder in sy laaste jare.
Tussen die prominenter eienskappe van Rembrandt se werk, is sy gebruik van lig-en-donker, of chiaroscuro, die dramatiese gebruik van lig en skadu, asook sy dramatiese en lewendige voorstelling van sy onderwerpe, met geen teken van die stywe formaliteit wat sy tydgenote dikwels vertoon het nie. Sy gesin - sy vrou, Saskia, sy seun, Titus, en sy houvrou Hendrickje - het dikwels as modelle vir sy werke gedien, veral dié met mitiese of Bybelse temas.
Temas, tegniek en styl