Dark is 'n Duitse wetenskapsfiksierillerreeks vir televisie wat geskep is deur Baran bo Odar en Jantje Friese. Daar was drie seisoene, van 2017 tot 2020. Die storie gaan oor die disfunksionele karakters van die fiktiewe dorp Winden in Duitsland wat na antwoorde soek nadat 'n kind verdwyn het. Dit volg die verbintenisse tussen vier vervreemde gesinne en stel 'n sinistere tydreissameswering bloot wat oor verskeie geslagte strek. Die reeks verken die eksistensiële implikasie van tyd en die uitwerking daarvan op die menslike aard en lewe. Die hoofrol word vertolk deur onder andere Louis Hofmann.

Dark se eerste stroming was op 1 Desember 2017 op Netflix; dit is die stromingdiens se eerste Duitse oorspronklike reeks. Die tweede seisoen het op 21 Junie 2019 begin, en die derde seisoen op 27 Junie 2020.

Dark het goeie resensies gekry vir sy toneelspel, regie, skryfwerk, beelde, temas, musiek en die strewe en kompleksiteit van die verhaal. Baie mense het die komplekse vertellingstruktuur geprys, want dit het van kykers vereis om groot aandag te skenk om die ingewikkelde verband tussen die karakters en tydlyne te verstaan. Die reeks se regisseur, Baran bo Odar, is geprys vir die groot sorg wat hy aan detail geskenk het, die toon en die spanningsgevulde atmosfeer, wat alles tot die reeks se sukses bygedra het.

Die reeks het verskeie pryse en benoemings ingepalm. In 2021 het die BBC dit gelys as sy 58ste beste televisiereeks van die 21ste eeu. Dit het 'n groot internasionale aanhang gekry, veral nadat dit in verskeie tale oorgekank of van subtitels voorsien is. Dit was een van Netflix se suksesvolste nie-Engelse oorspronklike reekse.

Oorsig Kinders begin uit die Duitse dorp Winden verdwyn en bring die gebroke verhoudings, dubbele lewens en donker verledes van vier gesinne wat daar woon aan die lig. Dit ontbloot ook 'n geheim wat oor vier geslagte strek.

Die eerste seisoen begin in 2019, maar dit brei later uit om 1986 en 1953 via tydreise in te sluit toe lede van die reeks se sleutelgesinne bewus word van 'n wurmgat in die grotstelsel onder die plaaslike kernaanleg. In die eerste seisoen word geheime onthul oor die gesinne Kahnwald, Nielsen, Doppler en Tiedemann, en hulle lewe begin ineenstort namate hulle bande ontbloot word. Die sameswering behels die vermiste kinders en die geskiedenis van die dorp en sy inwoners.

Die tweede seisoen sit die betrokke gesinne se pogings voort om met hulle vermiste geliefdes herenig te raak, onderskeidelik in 2020, 1987 en 1954. Bykomende storielyne speel af in 2053 en 1921. Die tweede seisoen stel Sic Mundus Creatus Est bekend; dit is 'n groot faksie in die voortdurende geveg vir die eindelike lot van die mense van Winden en die wêreld.

Die derde seisoen volg die vier gesinne oor tyd net voor die apokalips van 2020. Dit stel 'n parallelle heelal bekend wat aan die eerste een verbind is. Die derde seisoen sit die storielyne van 1954, 1987, 2020 en 2053 in die eerste wêreld voort, terwyl dit ook 'n nuwe 1888-storielyn en 2019 en 2052 by die tweede wêreld voeg. Die seisoen wys ook die hoofgebeure tussen al dié jare.

Akteurs en karakters Die eerste seisoen speel hoofsaaklik in 2019 af, maar later ook in 1986, 1953 en – in die finale toneel – 2052. Verskeie karakters verskyn op verskillende ouderdomme en word deur verskillende akteurs vertolk.

Die tweede seisoen vind verskeie maande ná die eerste een plaas. Die aanvanklike stories speel af in 2020, 1987 en 1954, terwyl die storielyn in die toekoms na 2053 uitgebrei word. 'n Vyfde storielyn, wat in 1921 afspeel, word ook bygevoeg.

Die derde seisoen stel 'n storielyn bekend wat in 1888 gebaseer is en 'n parallelle realiteit met alternatiewe weergawes van baie hoofkarakters.

Hoofkarakters Karakter Lewen-stadium Beskrying Akteur Seisoen123 'n Jong seun colspan="2" 'n Hoërskoolleerling wat sukkel om sy pa se selfmoord te verwerk. Martha se liefdesbelangstelling. colspan="3" 'n Tydreisiger, bekend as "the Stranger" colspan="3" Leier van Sic Mundus, bekend as "Adam" colspan="2" Hannah Krüger, dogter van Sebastian Krüger; 'n jong meisie vol geheime Ella Lee colspan="2" Jonas se ma en Michael se vrou, 'n masseerterapeut; Silja Tiedemann se ma colspan="3" 'n Jong meisie, 'n vriendin van Jana en Claudia Michael se aanneemma, 'n verpleegster colspan="2" Jonas se vervreemde ouma colspan="2" Ines se pa; Winden se polisiehoof colspan="2" 'n Jong meisie colspan="2" Ulrich en Katharina se middelste kind, Bartosz se meisie en Jonas se liefdesbelangstelling colspan="3" Oorlewende van die apokalips in 'n alternatiewe realiteit, lid van Erit Lux, bekend as "female stranger" colspan="2" Die leier van Erit Lux, bekend as "Eva" colspan="2" Ulrich en Katharina se oudste , Franziska se kêrel colspan="3" Lid van Sic Mundus Ulrich en Katharina se jongste kind, wat in 2019 vermis raak en in 1986 verskyn colspan="3" Hannah se man en Jonas se pa, wat Michael Kahnwald genoem word; 'n kunstenaar wat selfmoord pleeg colspan="2" 'n Hoërskoolleerling wat sukkel nadat sy broer vermis geraak het Katharina se man; Magnus, Martha en Mikkel se pa; 'n polisieman colspan="3" Pasiënt in 'n psigiatriese saal, bekend as "The Inspector" Ulrich se meisie, 'n hoërskoolleerling Ulrich se vrou; Magnus, Martha en Mikkel se ma; 'n skoolhoof colspan="3" Agnes en The Unknown se seun; 'n nuwe aankomeling in Winden colspan="2" Jana se man; Ulrich en Mads se pa; 'n joernalis Jana se man; Ulrich se pa; Magnus, Martha en Mikkel se oupa 'n Vriendin van Ines en Claudia Tronte se vrou; Ulrich en Mads se ma Tronte se vrou; Ulrich se ma; Magnus, Martha en Mikkel se ouma 'n Jong, verwagtende meisie colspan="2" Katharina se mishandelende ma; 'n psigiatriese verpleegster Bartosz en Silja se dogter; Noah se jonger suster Tronte se ma, nuut in Winden colspan="2" Peter en Charlotte se dogter; Elisabeth se ouer suster; Magnus Nielsen se liefdesbelangstelling colspan="3" Lid van Sic Mundus colspan="2" Peter se Charlotte se dowe dogter; Franziska se jonger suster colspan="3" Charlotte se ma; leier van die oorlewendes van Winden se apokalips colspan="2" Helge se seun wat na Winden gereis het ná sy ma se doodPablo Striebeck colspan="2" Charlotte se man; Franziska en Elisabeth se pa; Jonas se sielkundige colspan="3" 'n Weeskind wat deur haar voog, H.G. Tannhaus, grootgemaak word Peter se vrou; Franziska en Elisabeth se ma; Winden se polisiehoof colspan="3" Bernd en Greta se seun colspan="2" Peter se vader; 'n wag by die kragaanleg Pasiënt in 'n verpleegtehuis Greta se man; Helge se pa; stigter van die kragaanleg Helge se pa; voormalige direkteur van die kragaanleg colspan="2" Bernd se vrou; Helge se ma Cordelia Wege 'n Horlosiemaker Charlotte se voog, 'n horlosiemaker, dosent in teoretiese fisika en die skrywer van 'n Reis deur Tyd Regina en Aleksander se seun, Jonas se beste vriend en Martha se kêrel colspan="3" Silja se man, Noah en Agnes se pa; lid van Sic Mundus Claudia en Bernd se dogterLydia Maria Makrides colspan="2" Aleksander se vrou, Bartosz se ma, 'n hotelbestuurder colspan="3" (Boris Niewald, later Aleksander Köhler) 'n Jong man van Gießen, gebore as Boris Niewald; hy neem die identiteit aan van 'n slagoffer (Aleksander Köhler) van 'n misdaad waarby hy betrokke was colspan="3" Regina se man, Bartosz se pa, direkteur van die kragaanleg colspan="3" Egon en Doris se dogter, Helge se privaat onderwyser, 'n vriendin van Ines en Jana colspan="2" Regina se ma, direkteur van die kragaanleg colspan="3" Jonas en Noah se mentor; 'n tydreisiger Doris se man; Claudia en Silja se pa, 'n polisieman colspan="2" Claudia en Silja se pa, 'n hoofinspekteur van polisie naby sy aftrede colspan="2" Claudia se ma en Egon se vrou colspan="2" Noah (Hanno Tauber)Bartosz en Silja se seun colspan="2" Bartosz se seun. Agnes se ouer broer, 'n volgeling van Sic Mundus colspan="2" Charlotte se biologiese pa; 'n priester en lid van Sic Mundus colspan="3" Hannah en Egon se dogter, Jonas en Claudia se halfsuster colspan="2" Elisabeth se tolk, bekend as "girl from the future" colspan="2" Noah en Agnes se ma, Bartosz se vrou colspan="2" The Unknown Jonas en Martha se seun; lid van Erit Lux, vermoedelik die oorsprong van die ontwrigtings in tyd. Die drie Unknowns werk saam om te verseker die apokalips gebeur in beide Adam en Eva se wêrelde. colspan="2" colspan="2" colspan="2" W. Clausen 'n Polisie-inspekteur wat na Winden kom om die vermiste persone van 2019 te ondersoek. Broer van die regte Aleksander Köhler, wie se identiteit Boris Niewald, nou Aleksander Tiedemann, aangeneem het.

Episodes       Seisoen   Episodes  Uitgereik 1 10 2 8 3 8

Seisoen 1 1 "Secrets" ("Geheimnisse") Baran bo Odar Jantje Friese In Junie 2019 pleeg die 43-jarige Michael Kahnwald selfmoord. Sy ma, Ines, steek sy selfmoordbrief weg voor iemand dit sien. Op 4 November, ná behandeling van byna twee maande in 'n inrigting, keer Michael se tienerjarige seun terug skool toe en raak herenig met sy beste vriend, Bartosz Tiedemann, wat onlangs begin uitgaan het met Martha Nielsen, op wie Jonas 'n ogie het. Erik Obendorf, die plaaslike dwelmhandelaar, word al twee weke vermis en die polisieman Ulrich Nielsen – die pa van Martha en haar twee broers, die tiener Magnus en voortiener Mikkel – ondersoek die saak, wat nie vorder nie. Intussen verkul Ulrich sy vrou, Katharina, die skoolhoof, met Hannah, Jonas se ma. Terwyl hulle soek na Erik se weggesteekte dwelms in 'n grot naby die dorp se kernaanleg, wat binnekort gesluit word, skrik Jonas, Bartosz, die drie Nielsen-kinders en Magnus se meisie, Franziska, vir vreemde geluide en hulle flikkerende flitsligte, en Mikkel verdwyn terwyl hulle van die grot af vlug. Die volgende dag word die liggaam van 'n jong seun ontdek, maar dit is nie Mikkel s'n nie. Op 'n onbekende plek maak 'n vermomde figuur Erik aan 'n stoel vas en klamp 'n meganisme om sy kop. 2 "Lies" ("Lügen") Baran bo Odar Jantje Friese, Ronny Schalk Mikkel se verdwyning laat Ulrich terugdink aan toe sy jonger broer, Mads, verdwyn het. Hy begin glo die verdwyning van Erik en Mikkel en die liggaam van die derde kind hou verband met mekaar. Terwyl hy die grotte deursoek, kom hy af op 'n geslote deur wat na die nabygeleë kernkragaanleg lei. Hoewel Ulrich se versoek om in die kernkragaanleg in te gaan deur die direkteur, Aleksander Tiedemann, Bartosz se pa, afgekeur word, kry hy dit reg om Erik Obendorf se pa, 'n drywer by die aanleg, van sy lys verdagtes te verwyder. Die polisiehoof, Charlotte Doppler, hoor die dooie seun, wat klere uit die 1980's aanhet, is net 16 uur tevore dood en dat sy ore vernietig is deur uiterse druk. Later, terwyl ligte begin flikker en dooie voëls uit die lug val, raak Charlotte nog meer bekommerd. Intussen kom 'n slordige man by die hotel aan wat deur Bartosz se ma, Regina, besit word en hy boek in. Ulrich se ma, Jana, jok vir Ulrich en sê haar man, Tronte, was by haar die aand toe Mads verdwyn het, terwyl sy weet hy het die huis verlaat. Met dagbreek word 'n deurmekaar Mikkel in die grot wakker en hardloop huis toe. Op die voorstoep lê egter 'n koerant van die datum 5 November 1986. 3 "Past and Present" ("Gestern und Heute") Baran bo Odar Jantje Friese, Marc O. Seng