duimnael|Ballistiese missiele op 1 Oktober 2024 bo Israel. Die foto's is in die Benede Galilea geneem vanaf 'n nedersetting in die ooste. Op 1 Oktober 2024 het Iran 181 missiele in ten minste twee golwe na Israel gelanseer, wat veroorsaak het dat sirenes regoor die land afgegaan het en ontploffings oorhoofs in verskeie gebiede van die land, insluitend Jerusalem en Tel Aviv gehoor is. Die missielaanval, met die kodenaam Operation True Promise, ‘n Skool in Gedera en 'n restaurant in Tel Aviv beskadig is onder andere beskadig. Twee Israeli's is lig beseer, terwyl een Palestynse man in die Wesoewer dood is.
Iran het gesê die aanval was in "selfverdediging", en het die sluipmoord op Ismail Haniyeh in Teheran en die sluipmoorde op Hassan Nasrallah en die Iranse generaal Abbas Nilforoushan aangehaal. Vroeër in die jaar in April het Israel Iran se konsulaat in Damaskus aangeval, gevolg deur Iran wat Israel aangeval het, gevolg deur Israel wat Iran aangeval het.
Die Israelse Weermag het berig dat hulle 'n "groot aantal" missiele onderskep het en sensuur gevestig het oor die skade wat dit gely het, terwyl die Amerikaanse Pentagon bevestig het dat die Amerikaanse Vloot rondom 'n dosyn onderskeppers afgevuur het, bygestaan deur ongespesifiseerde vennote. Jordanië het ook gesê dat sy lugverdediging missiele en hommeltuie oor sy lugruim onderskep het. Israeliese premier Benjamin Netanyahu het verklaar dat Iran 'n "groot fout" gemaak het en belowe dat dit "sal betaal" daarvoor. Die Verenigde State van Amerika het "ernstige gevolge" beloof en daartoe verbind om met Jerusalem saam te werk om te verseker dat Iran 'n prys vir sy optrede betaal. Iran het gedreig om "verpletterende aanvalle" uit te voer as Israel reageer.
Agtergrond Op 31 Julie 2024 is Ismail Haniyeh, die politieke leier van Hamas, in die Iranse hoofstad Teheran gedood tydens ‘n oënskynlike Israeliese aanval. Nasser Kanaani, die woordvoerder van die Ministerie van Buitelandse Sake van Iran, het hierdie sluipmoord veroordeel en gesê dat Haniyeh se "bloed nooit vermors sal word nie". Op 27 September 2024 is Hassan Nasrallah, die sekretaris-generaal van Hezbollah, in 'n Israeliese lugaanval in Beiroet gedood. Op 29 September het die New York Times berig dat Iranse amptenare gedebatteer het oor hoe om op Nasrallah se dood te reageer.
In die ure voor die aanvalle het die Verenigde State gewaarsku oor 'n moontlike Iranse aanval. 'n Amerikaanse amptenaar het aan Reuters gesê: "'n Direkte militêre aanval van Iran teen Israel sal ernstige gevolge vir Iran inhou". Anonieme Pentagon-amptenare het verklaar dat die Amerikaanse troepe wat in die Midde-Ooste gestasioneer was, nie tydens die geleentheid aangeval is nie.
Verwysings
Kategorie:Oorloë