Geslagsverwarring is die innerlike konflik wat 'n persoon as gevolg van 'n wanverhouding tussen hul geslagsidentiteit (hul gevoel rondom hul eie geslagtelikheid) en hul geslag met geboorte ervaar. Hormoonwanbalans veroorsaak fisiese veranderinge in die liggaam en kan 'n rol speel in geslagsverwarring. Die mens is 'n ingewikkelde en komplekse spesie: fisies, emosioneel en geestelik en ervaar soms geslagsverwarring (GV).Garg G, Elshimy G, Marwaha R. (2024). https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK532313/. National Library of Medicine. Besoek op 17 September 2024. Hierdie artikel handel oor die volgende aspekte wat geslagsverwarring in die menslike liggaam raak:

hormone wat 'n rol speel in die moontlike diagnose van geslagsverwarring die plek waar die hormone in die liggaam vrygestel word die fisiese uitwerking van die hormone wat in wanbalans is androgeenongevoeligheidsindroom hoe hierdie hormone wat in wanbalans is, verhoog of verlaag kan word die begrip geslagsverwarring die verbintenis tussen hormone in wanbalans en GV die komplikasies van ‘n verkeerde diagnose die fisiese, emosionele en sosiale uitwerking van ‘n GV-diagnose behandeling van GV die voordeel van vroeë identifikasie van hormone wat in wanbalans is

Hormone wat ‘n rol speel HormoneCleveland Clinic (2022). https://my.clevelandclinic.org/health/article/22464-hormones. Cleveland Clinic. Besoek op 20 September 2024. is chemiese boodskapdraers wat verskillende funksies in die liggaam beheer en koördineer. Verskeie kliere, organe en weefsel produseer en stel hormone vry. Tydens hormoonwerking kan ‘n klein hoeveelheid hormone ‘n groot funksie verrig. As gevolg hiervan, kan ‘n klein verandering in hormoonvlakke ‘n groot uitwerking op die liggaam hê en dit kan tot toestande lei wat mediese sorg vereis. Die hormone ter sprake in hierdie artikel is testosteroon, estrogeen en androgeen. Testosteroon is ‘n steroïed hormoon wat die ontwikkeling van sekondêre manlike geslagseienskappe stimuleer. EstrogeenCleveland Clinic (2022). https://my.clevelandclinic.org/health/body/22353-estrogen. Cleveland Clinic. Besoek op 20 September 2024. is ‘n groep steroïed hormone wat die ontwikkeling en instandhouding van vroulike eienskappe in die liggaam aanspoor. Androgeen is ‘n manlike geslagshormoon, soortgelyk aan testosteroon. duimnael|Hipotalamus: area waar hormoonvrystelling beheer en stimuleer word.

Plek van hormoonvrystelling Verskillende hormone word op verskillende plekke in die liggaam vrygestel en die area van vrystelling verskil dikwels tussen mans en vroue.

Testosteroon Die hormoon testosteroon, hoofsaaklik geïdentifiseer as die manlike geslagshormoon, word deur die Leydig-selleAladamat N, Tadi P. (2022).https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK556007/#. National Library of Medicine. Besoek op 21 September 2024. in die testis van mans geproduseer en in die eierstokke van vrouens. Tydens puberteit sal die hipotalamus (die area van die brein wat hormoonvrystelling beheer en stimuleer) die hormoon se produsering en vrystelling reguleer en beheer. Voor puberteit is testosteroonvlakke laer, wat ‘n aanduiding is van die lae vrystelling/afskeiding van die gonadotropien-vrystellende hormoon (GnRH)Cleveland Clinic (2022). https://my.clevelandclinic.org/health/body/22525-gonadotropin-releasing-hormone. Cleveland Clinic. Besoek op 24 September 2024. en gonadotropiene. Hierdie hormoon (GnRH) veroorsaak dat die pituïtêre klier in die brein hormone produseer en vrystel. Hierdie hormoon wat deur die pituïtêre klier vrygestel word, staan bekend as die luteïniserende hormoon (LH) en die follikelstimulerende hormoon (FSH) en dit veroorsaak dat testosteroon in mans asook estrogeen en progesteroon in vroue geproduseer word. Veranderinge in neuronale insette aan die hipotalamus en breinaktiwiteit gedurende puberteit veroorsaak ‘n drastiese verhoging in GnRH vrystelling. Soos later bespreek, stel testosteroon die manlike eienskappe in werking en bevorder die sekondêre geslagseienskappe van mans.

Estrogeen Die hormoon estrogeen,Blanco A, Blanco G. (2017). https://www.sciencedirect.com/topics/biochemistry-genetics-and-molecular-biology/estrogen-release. ScienceDirect. Besoek op 24 September 2024. hoofsaaklik geïdentifiseer as die vroulike geslagshormoon, word hoofsaaklik deur die granulosa selle in die eierstokke, bynier en liggaamsvet geproduseer en vrygestel. Sodra estrogeen vrygestel is, beweeg dit deur die liggaam en bind aan ‘n proteïen, naamlik estrogeenreseptors, wat prosesse aan die gang sit. Soortgelyk aan testosteroon, word estrogeen vrystelling deur GnRH gestimuleer en beheer.

Androgeen Die hormoon androgeen,Indran I.R, Yong E. (2016). https://www.sciencedirect.com/topics/medicine-and-dentistry/androgen-release#:~:text=An%20estimated%2090%25%20of%20androgens,reductase%20(5. ScienceDirect. Besoek op 25 September 2024. hoofsaaklik geïdentifiseer as ‘n manlike geslagshormoon, word grootliks in die testis geproduseer en tot ‘n mindere mate in die bynier. Androgeen word deur Leydig-selle vrygestel. Die vrystelling van androgeen word deur die hipotalamus-pituïtêre-gonadale-bynier-asse gestimuleer en gereguleer. Die hipotalamus speel ‘n groot rol in die beheer van basiese funksies soos bloeddruk, immuunrespons en liggaamstemperatuur. Soos later bespreek, het ‘n wanbalans van androgeen uiterse effekte op die liggaam en die werking daarvan.

Effek van hormoonwanbalans op fisiese voorkoms

Testosteroon Testosteroon,You and your Hormones. (2020). https://www.yourhormones.info/hormones/testosterone/#. You and your Hormones. Besoek op 26 September 2024. wat grootliks ‘n rol in die lewende manlike liggaam speel, kan effekte op die vroulike liggaam hê as die vlakke daarvan in wanbalans is. Die volgende is veranderinge wat in die vroulike liggaam kan verskyn indien die testosteroonvlakke te hoog is:

verhoogde spiermassa verdieping van stem en vergroting van larinks toename in gesigshare afname in borsgrootte (werk in teenstelling met estrogeen) vergrote geslagsorgane (klitoris raak meer sigbaar en opvallend)

Soos later bespreek, speel fisiese voorkoms ‘n groot rol op die selfbeeld en ervaring/gevoel van GV.

Estrogeen

Veranderinge in mans Estrogeen, wat grootliks ‘n rol in die vroulike liggaam speel, kan effekte op die manlike liggaam hê as die vlakke daarvan in wanbalans is. Die volgende is veranderinge wat in die manlike liggaam kan verskyn indien die estrogeenvlakke te hoog is:Kingston H. (2021). https://www.letsgetchecked.com/articles/high-estrogen-in-men/#:~:text=According%20to%20Dr.,you%20live%20with%20high%20estrogen..LetsGetChecked. Besoek op 26 September 2024.

toename in borsgrootte (werk in teenstelling met testosteroon) erektiele disfunksie toename in liggaamsmassa osteoporose ‘n afname in spiermassa

Veranderinge in vroue Veranderinge wat in die vroulike liggaam kan verskyn indien die estrogeenvlakke te laag is:Cleveland Clinic (2022).https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/22354-low-estrogen. Cleveland Clinic. Besoek op 7 Oktober 2024.

vaginale droogheid ongereelde menstruasiesiklusse pynlike omgang gereelde vaginale/blaas infeksies

Androgeen Androgeen, wat grootliks ‘n rol in die manlike liggaam speel, kan die vroulike liggaam beïnvloed as daar ‘n wanbalans in die vlakke daarvan is. Die volgende is veranderinge wat in die vroulike liggaam kan verskyn indien die androgeenvlakke te hoog is:MedlinePlus (2024).https://medlineplus.gov/ency/article/001165.htm#:~:text=Ovarian%20overproduction%20of%20androgens%20is,characteristics%20to%20develop%20in%20women..National Library of Medicine. Besoek op 15 Oktober 2024.

verdieping van stem afname in borsgrootte toename van gesigs-, abdominale- en skaamhare (hirsutisme) gebrekkige of geen menstruasie-siklus insulienweerstandigheid

duimnael|313x313px|Bynier: klier wat bo-op die nier voorkom waarin androgeen produseer word.

Androgeenongevoeligheidsindroom (AOS) Androgeen is ‘n manlike geslagshormoon wat hoofsaaklik deur die testis en bynier geproduseer en vrygestel word. AndrogeenongevoeligheidsindroomCleveland Clinic (2021). https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/22199-androgen-insensitivity-syndrome. Cleveland Clinic. Besoek op 4 Oktober 2024. is ‘n toestand wat die onvermoë om op androgene te reageer, insluit; hoofsaaklik te wyte aan androgeenreseptorsdisfunksie. Individue wat androgeenongevoeligheidsindroom (AOS) het, is dikwels mans wat nie eksterne manlike geslagsdele ontwikkel nie, omdat hul liggame nie op die manlike geslagshormone (androgeen) kan reageer nie. AOS kan tydens puberteit probleme veroorsaak en ook tot onvrugbaarheid lei. AOS verskyn wanneer ‘n individu wat geneties manlik is terselfdetyd onsensitief vir androgeen is. Dit beteken dat die individu manlike geslagschromosome het (een X-chromosoon en een Y-chromosoon), maar moontlik vroulike geslagsorgane besit. AOS beïnvloed manlike fetusse wat in die baarmoeder ontwikkel, sowel as die seksuele ontwikkeling tydens puberteit. Daar is drie verskillende tipes/vlakke van androgeenongevoeligheidsindroom, naamlik: volledige androgeenongevoeligheidsindroom (VAOS), gedeeltelike androgeenongevoeligheidsindroom (GAOS) en laastens, ligte androgeenongevoeligheidsindroom (LAOS). duimnael|269x269px|Androgeen-onsensitiwiteitsindroom: verskillende fisiese veranderinge wat deur androgeen-reseptors beïnvloed word.

Volledige androgeenongevoeligheidsindroom (VAOS)Gottlieb B, Trifiro MA. (1999). https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK1429/# . National Library of Medicine. Besoek op 29 September 2024. VAOS is die verskynsel waar ‘n individu se eksterne geslagsorgane as vroulik voorkom, maar die individu het geen interne vroulike geslagsorgane (eierstokke, fallopiusbuise of baarmoeder) nie. Individue met VAOS word dikwels as dogters grootgemaak. Ander simptome van VAOS sluit in:

abnormale lengte in dogters tydens puberteit die onvermoë om ‘n menstruasie-siklus te hê min of geen skaam- en onderarmhare tydens puberteit nou of vlak vagina testikels wat in die abdominale holte voorkom

Gedeeltelike androgeenongevoeligheidsindroom (GAOS) GAOS is die verskynsel waar ‘n individu se eksterne geslagsorgane gedeeltelik (nie ten volle) as manlik óf vroulik ontwikkel, maar nie noodwendig duidelik as die een óf die ander identifiseer nie. Individue met GAOS word meestal as seuns grootgemaak. Ander simptome van GAOS sluit in:

bifid skrotum (skrotum wat in twee gedeel is) vergrote klitoris vergrote borsweefsel in mans die opening van die uretra kom aan die onderkant van die penis voor in plaas van die voorkant labia hegging (die vel rondom die vagina sluit) abnormale klein penis

Ligte androgeenongevoeligheidsindroom (LAOS) LAOS is die verskynsel waar ‘n individu se geslagsorgane as manlik voorkom, maar die individu is gewoonlik onvrugbaar. Die individue kwesbaar vir AOS is mans wat ‘n abnormale geen, naamlik die androgeenreseptor-geen, vanaf hul vroulike voorouers erf en het ‘n een uit vier kans om AOS te ontwikkel. Ander simptome van LAOS sluit in:

vergrote borsweefsel in mans abnormale klein penis die skaarsheid van liggaamshare

Vrouens kan ook die geen erf, maar dit sal nie tot AOS ontwikkel nie. Die mees algemene simptoom van AOS is onvrugbaarheid. Die diagnosering van AOS word deur ‘n mediese kenner gemaak. GAOS kan dikwels by geboorte raakgesien en gediagnoseer word, maar VAOS of LAOS word dikwels eers tydens puberteit opgemerk en gediagnoseer.

Hoe om hormone wat in wanbalans verkeer, te normaliseer/balanseer duimnael|Mondelingse voorbehoedmiddel: verlaag die testosteroonvlakke in die liggaam.

Balansering van testosteroonShkodzik K. (2021). https://flo.health/menstrual-cycle/health/symptoms-and-diseases/high-testosterone-in-women. Flo. Besoek op 30 September 2024.

Vroulike liggaam