Die Tachara, of die Tachara-paleis, ook na verwys as die Paleis van Darius die Grote, was die eksklusiewe gebou van Darius I by Persepolis, Iran. Dit is 70 km noordoos van die moderne stad van Shiraz in die Fars Provinsie geleë.
Geskiedenis en konstruksie duimnael|links|Die buitekant van die Tachara-paleis en sy omringende tuine, soos voorgestel deur Charles Chipiez. Die bouwerk dateer terug na die tyd van die Achaemenidiese Ryk (550–330 v.C.). Die gebou word aan Darius I toegeskryf, maar 'n redelike klein deel is onder sy heerskappy voltooi. Dit is grotendeels na sy dood in 486 v.C. voltooi deur sy seun en troonopvolger, Xerxes I, wat die paleis die naam taçara wat "winterpaleis" in Ou Persies beteken, gegee het.
Die gebruik van die gebou was egter meer seremonieel as residensieel.
In die 4de eeu v.C. na Alexander die Grote se inval van Achaemenidiese Persië in 330 v.C., het hy sy troepe toegelaat om Persepolis te buit. Die paleis was een van slegs 'n paar strukture wat verwoesting in die brand van die kompleks deur Alexander die Grote se weermag vrygespring het.
Struktuur Die Tachara staan rug-aan-rug met die Apadana en is suidwaarts georïenteer. Met 'n grootte van 1 160 m², is dit die kleinste van die paleisgeboue op die Terras by Persepolis, maar omdat dit die oudste is, is dit van die beste kwaliteit grysklip gebou.
Die hoofkamer is slegs 15,15 x 15,42 m met drie rye van vier kolomme. 'n Volledige venster van 2,65 x 2,65 x 1,70 m is van 'n enkel blok klipsteenn gekap wat 18 ton geweeg het. Die deurraam is van drie aparte monoliete gevorm wat 75 ton geweeg het.duimnael|links|Tachara-paleis.
Soos baie ander dele van Persepolis, het die Tachara reliëfs van huldedraende hooggeplaastes. Daar is gesnede figure van lansdraers wat groot reghoekige rottangskilde dra; bediendes en knegte met handdoek- en parfuumbottels; en 'n koninklike held wat leeus en monsters doodmaak. Daar is ook 'n basreliëf by die hoofdeur wat Darius I uitbeeld met 'n gekartelde kroon wat met velle goud bedek is.
Die Tachara is aan die suidhof verbind deur 'n dubbele omgekeerde trap verbind. Later onder die bewind van Artaxerxes III is 'n nuwe trap aan die noordweste van die Tachara bygevoeg wat deur 'n nuwe deuropening met die hoofsaal verbind is. Op die mure van hierdie trappe is daar gesnede voorstellings van figure soos knegte, bediendes en soldate geklee in Mediaanse en Persiese kostuums, sowel as geskenkdraende afvaardigings wat gesnede inskripsies dra.duimnael|Basreliëf van die Tachara.|senter|250x250px
Galery
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis Kategorie:Geboue en strukture Kategorie:Achaemenidiese Ryk Kategorie:Geskiedenis van die Midde-Ooste Kategorie:Geskiedenis van Irak