Die gonnabas (Gnidia oppositifolia) is 'n struik wat deel van die Thymelaeaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor. Die plant is deel van die fynbos. Die spesie word tot 3 m hoog en blom regdeur die jaar, dit het geel blomme. Dit staan ook as basbos, gonnatou en kannabas bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018
oppositifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika