duimnael

Die Chicago White Sox Die Sox was ook voorheen bekend as die Chicago White Stockings (1900–1903), St. Paul Saints (1895–1899) en die Sioux City Cornhuskers (1894) is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Chicago. Die White Sox ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Amerikaanse Liga (AL) se Sentrale Divisie (AL-Sentraal). Die klub speel sy tuiswedstryde by Guaranteed Rate Field, wat in die suide van Chicago geleë is. Die span is een van twee MLB spanne wat in Chicago gebaseer is, saam met die Chicago Cubs van die Nasionale Liga (NL).

Die White Sox was oorspronklik deel van die Western League (1885–1900), en is gestig as die Sioux City Cornhuskers in 1894, waarna die span verhuis het na Saint Paul, Minnesota, as die St. Paul Saints, maar uiteindelik teruggekeer het na Chicago in 1900. Die Chicago White Stockings was een van die Amerikaanse Liga se agt "charter franchises" toe die AL in 1901 hoofligastatus bekom het. Die span, wat sy naam in 1904 na die White Sox verkort het, het oorspronklik hul tuiswedstryde by South Side Park gespeel, voordat hulle in 1910 na Comiskey Park verhuis het, waar hulle gespeel het tot 1990. Die span het na hul huidige stadion verskuif vir die 1991-seisoen. Die stadion, wat oorspronklik ook bekend was as Comiskey Park soos sy voorganger, is later geborg deur U.S. Cellular.

Die White Sox het hul eerste Wêreldreeks in 1906 teen die Cubs gewen met 'n span wat op verdediging gefokus was en wat as "die Hitless Wonders" bekend gestaan het. Die span het later die 1917-Wêreldreeks teen die New York Giants gewen. Hul volgende verskyning in die 1919 Wêreldreeks is ontsier deur die Black Sox-skandaal, met agt lede van die White Sox wat betrokke was by wedstrydknoeiery. Die White Sox het die Wêreldreeks verloor teen die Cincinnati Reds. In reaksie hierop het die nuwe kommissaris van bofbal, Kenesaw Mountain Landis, die spelers lewenslank uit die liga verban. Die White Sox het sedert die skandaal nog net in twee Wêreldreekse verskyn. Die eerste verskyning was in 1959, waartydens hulle teen die Los Angeles Dodgers verloor het, voordat hulle uiteindelik hul derde kampioenskap in 2005 gewen het teen die Houston Astros. Die 88 seisoene wat dit die White Sox geneem het om die Wêreldreeks te wen is die langste kampioenskapsdroogte in die Amerikaanse Liga, en die tweede langste in albei ligas, ná die Cubs se 108 seisoene.

Van 1901 tot 2023 het die White Sox 'n algehele wen-verloor rekord van 9,553 wedstryde gewen, 9,491 wedstryde verloor en 103 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .502).

Spangeskiedenis duimnael|upright=1.25|1919 Black Sox-skandaal spanfoto duimnael|links|upright=0.6|Ed Walsh hou die rekord vir die laagste verdiende lopiegemiddeld ("earned run average", of afgekort, ERA) van 1.82.

Die White Sox het ontstaan as die Sioux City Cornhuskers van die Westelike Liga, 'n minor league-span onder die parameters van die Nasionale Ooreenkoms met die Nasionale Liga. In 1894 het Charles Comiskey die Cornhuskers gekoop en hulle na Saint Paul, Minnesota verskuif, waar hulle bekend gestaan het as die St. Paul Saints. In 1900, met die goedkeuring van die president van die Westelike Liga, Ban Johnson, het Charles Comiskey die Saints verskuif na sy tuisdorp Armour Square, Chicago, waar hulle die Chicago White Stockings geword het, die voormalige naam van Chicago se Nasionale Liga-span, die Orphans (nou die Chicago Cubs).

In 1901 het die Westelike Liga die Nasionale Ooreenkoms verbreek en die nuwe hoofliga, die Amerikaanse Liga, geword. Die eerste seisoen in die AL het met 'n kampioenskapsoorwinning vir die White Stockings geëindig. Dit sou egter die einde van die seisoen wees, aangesien die Wêreldreeks eers in 1903 sou begin. Die franchise, nou bekend as die Chicago White Sox, het sy eerste Wêreldreeks-verskyning in 1906 gemaak en die Cubs in ses wedstryde geklop.

Die White Sox het 'n derde wimpel en 'n tweede Wêreldreeks in 1917 gewen, met 'n oorwinning in ses wedstryde oor die New York Giants met die hulp van sterspelers soos Eddie Cicotte en "Shoeless" Joe Jackson. Die Sox was die gunstelinge in die 1919-Wêreldreeks, maar het teen die Cincinnati Reds in agt wedstryde verloor. Groot weddenskappe op die Reds het bespiegelinge aangevuur dat daar wedstrydknoeiery was. 'n Kriminele ondersoek het voortgeduur in die 1920-seisoen, en hoewel alle spelers vrygespreek is, het die bofbalkommissaris Kenesaw Mountain Landis agt van die spelers lewenslank verban, in wat bekend staan as die Black Sox-skandaal. Dit het die franchise skade berokken, aangesien hulle daarna vir 40 jaar nie 'n wimpel kon wen nie.

Die White Sox het eers weer ná die dood van die stigter en eienaar van die span, Charles Comiskey; toe eienaarskap van die klub oorgegaan het na sy seun J. Louis Comiskey; in die boonste helfte van die Amerikaanse Liga geëindig. Hulle het die meeste jare tussen 1936 en 1946 in die boonste helfte geëindig, onder leiding van hul bestuurder Jimmy Dykes, en met sterspelers soos Luke Appling as "shortstop" (kortstop) (ook bekend as "Ol' Aches and Pains") en Ted Lyons as bouler. Albei hul nommers (4 en 16) is later afgetree.

Nadat J. Louis Comiskey in 1939 gesterf het is eienaarskap van die klub aan sy weduwee, Grace Comiskey, oorgedra. Die klub is later in 1956 oorgedra aan Grace se kinders Dorothy en Chuck in, met Dorothy wat 'n meerderheidsaandeel verkoop het aan 'n groep gelei deur Bill Veeck na die 1958-seisoen. Veeck was berug vir sy promosietruuks, en het aanhangers na Comiskey Park gelok met die nuwe "ontploffende telbord" en buiteveldstort. In 1961 was Arthur Allyn, Jnr. kortliks in besit van die span, voordat hy dit aan sy broer John Allyn verkoop het.

duimnael|regs|x150px|Al López, bestuurder van die "Go-Go Sox"

Van 1951 tot 1967 het die White Sox hul langste tydperk van volgehoue sukses gehad, met 'n wenrekord (meer wedstryde gewen as verloor) in 17 agtereenvolgende seisoene. Die span was bekend as die "Go-Go White Sox" as gevolg van hul neiging om op spoed te fokus en om op die bofte te vorder teenoor kraghoue, met sterspelers soos Minnie Miñoso, Nellie Fox, Luis Aparicio, Billy Pierce, en Sherm Lollar. Van 1957 tot 1965 is die Sox deur Al López bestuur. Die Sox het in agt van sy nege seisoene in die boonste helfte van die Amerikaanse Liga geëindig, insluitend ses jaar in die top twee van die liga. In 1959 het die White Sox die New York Yankees se oorheersing oor die Amerikaanse Liga beëindig en hul eerste wimpel sedert die berugte 1919-veldtog gewen. Ten spyte daarvan dat hulle wedstryd een van die 1959-Wêreldreeks met 'n telling van 11–0 gewen het, het hulle daarna in ses wedstryde teen die Los Angeles Dodgers verloor.

Gedurende die laat 1960's en 1970's het die White Sox gesukkel om wedstryde te wen en ondersteuners te lok. Die span het 'n totaal van 20 tuiswedstryde by Milwaukee County Stadium gespeel in die 1968 en 1969 seisoene. Allyn en Bud Selig het ingestem tot 'n ooreenkoms wat Selig beheer oor die klub sou gee en hulle na Milwaukee sou skuif, maar dit is deur die Amerikaanse Liga geblokkeer. Selig het in pleks hiervan die Seattle Pilots gekoop en hulle na Milwaukee verskuif, waar hulle die Milwaukee Brewers sou word, wat enorme druk op die Amerikaanse Liga geplaas het om 'n span in Seattle te baseer. 'n Plan was in plek vir die Sox om na Seattle te verhuis en vir Charlie Finley om sy Oakland A's na Chicago te skuif. Die stad het egter 'n hernieude belangstelling in die Sox gehad ná die 1972-seisoen, en die Amerikaanse Liga het eerder die uitbreidingspan, Seattle Mariners, bygevoeg. Die 1972 White Sox het die enigste suksesvolle seisoen van hierdie era gehad, en Dick Allen het uiteindelik die Amerikaanse Liga se Mees-Waardevolle-Speler-toekenning gewen. Bill Veeck het in 1975 teruggekeer as eienaar van die Sox, en al het hulle nie veel geld gehad nie, het hulle daarin geslaag om 90 wedstryde in 1977 te wen, met die span wat bekend was as die "South Side Hitmen".

Die span se lotgevalle was egter hierna nie gunstig nie, en hulle is geteister deur verloorseisoene en deur die berugte Disco Demolition Night-promosiefiasko in 1979.

Veeck is gedwing om die span te verkoop, en het aanbiedinge van eienaarskapgroepe wat van plan was om die klub na Denver te skuif verwerp en uiteindelik ingestem om dit te verkoop aan Edward J. DeBartolo, Snr., die enigste voornemende eienaar wat belowe het om die White Sox in Chicago te hou. DeBartolo is egter deur die eienaars verwerp, en die klub is toe verkoop aan 'n groep onder leiding van Jerry Reinsdorf en Eddie Einhorn. Die Reinsdorf-era het goed begin, met die span wat hul eerste divisietitel gewen het in 1983, gelei deur bestuurder Tony La Russa en sterspelers soos Carlton Fisk, Tom Paciorek, Ron Kittle, Harold Baines en LaMarr Hoyt. Gedurende die 1986-seisoen is La Russa afgedank deur die hoofbestuurder Ken Harrelson. La Russa het voortgegaan om in ses Wêreldreekse te verskyn (en het drie daarvan gewen) saam met die Oakland A's en St. Louis Cardinals, en is uiteindelik ingelyf in Nasionale Bofbal-eregalery.

duimnael|links|upright=0.9|Harold Baines op tuisbof in 1986 duimnael|upright=1.15|Frank Thomas in 1997

Die White Sox het vir die res van die 1980's gesukkel, terwyl Chicago geveg het om hulle in die stad te hou. Reinsdorf wou die verouderende Comiskey Park vervang en het staatsfondse gesoek om dit te doen. Toe gesprekke tot stilstand gekom het, is 'n aanloklike aanbod gemaak om die span na Tampa, Florida te skuif. Befondsing vir 'n nuwe stadion is op 30 Junie 1988 op die nippertjie verkry deur die Illinois Staatswetgewer, met die bepaling dat die nuwe stadion gebou moes word op die hoek van 35th en Shields, oorkant die straat van die ou stadion, in teenstelling met die voorstedelike stadion wat die eienaars ontwerp het. Argitekte het aangebied om die stadion te herontwerp op 'n "retro"-grondslag wat by die blokke rondom Comiskey Park sou pas; die eienaarskapgroep was egter vasbeslote dat die openingsdatum van die nuwe stadion in 1991 moes plaasvind, en het die ou ontwerp behou. Die nuwe stadion het in 1991 geopen onder die naam new Comiskey Park. Die stadion, wat in 2003 hernoem is na U.S. Cellular Field en in 2016 as Guaranteed Rate Field, het in die vroeë 2000's baie opknappings ondergaan om dit 'n meer retro-gevoel te gee.

Die White Sox was redelik suksesvol in die 1990's en vroeë 2000's, met 12 wenseisoene vanaf 1990 tot 2005. Eerste bofman Frank Thomas, die aangewese kolwer, het die gesig van die franchise geword, en het sy loopbaan afgesluit as die White Sox se algehele leier in lopies, dubbels, tuislopies, totale bofte en stappe ("walks"). Ander groot spelers was Robin Ventura, Ozzie Guillén, Jack McDowell en Bobby Thigpen. Die Sox het die Westelike Divisie in [1993 gewen en was in die eerste plek in 1994, toe die seisoen afgelas is weens die 1994-spelerstaking.

In 2004 is Ozzie Guillén as bestuurder van sy voormalige span aangestel. Nadat hulle tweede in 2004 geëindig het, het die Sox 99 wedstryde en die Sentrale Divisie-titel in 2005 gewen, met sterspelers soos Paul Konerko, Mark Buehrle, A. J. Pierzynski, Joe Crede Orlando Hernández. Die span het die uitspeelwedstryde begin deur die verdedigende kampioen, die Boston Red Sox, in die Amerikaanse Liga Divisiereeks (ALDS) te oorrompel en die Los Angeles Angels of Anaheim in vyf wedstryde te klop om hul eerste wimpel in 46 jaar te wen, danksy vier volledige wedstryde deur die White Sox-rotasie. Die White Sox het voortgegaan om die Houston Astros in die 2005-Wêreldreeks te klop en sodoende hul eerste Wêreldkampioenskap in 88 jaar te wen.