Die Slag van Laing se Nek was 'n reeks skermutselinge in die Tweede Vryheidsoorlog wat van 2 Junie tot 10 Junie 1900 geduur het. Britse magte onder bevel van Redvers Buller was van Ladysmith in opmars tot by die Buffelsrivier, in 'n poging om na Volksrust oor te steek. Buller wou Transvaal binneval en Lord Roberts bystaan in sy opmars na Pretoria. Die Burgers het hulle by Laingsnek versterk, soos hulle in 1881 gedoen het. In die loop van agt dae kon Buller die Boere verslaan en op 12 Junie die Buffelsrivier oorsteek na Transvaal.
Sien ook Slag van Laingsnek (1881)
Verwysings
Kategorie:Veldslae tydens die Tweede Vryheidsoorlog