duimnael duimnael duimnael|links|Target Field in April 2010 The Minnesota Twins Vorige noemname: Nats (1905–1955), Grifs (1912–1920), Little Piranhas (2006), Bomba Squad (2019). is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat uit Minneapolis speel. Die span se vorige amptelike name voordat hulle die naam Twins aangeneem het was: Washington Senators (1901–1904, 1956–1960), Washington Nationals/Senators (1905–1955), Kansas City Blues (1895–1900) en Kansas City Cowboys (1894) Die Twins ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Amerikaanse Liga (AL) se Sentrale Divisie (AL-Sentraal). Die span is vernoem na die "Tweelingstad", die aangrensende stede van Saint Paul en Minneapolis in Minnesota. Die span se kleure is rooi, blou en wit.

Die franchise is in 1901 in Washington, D.C. gestig as die Washington Senators. Die span het verhuis na Minnesota en is hernoem na die Minnesota Twins voor die aanvang van die 1961-seisoen. Die Twins het van 1961 tot 1981 hul tuiswedstryde gespeel in Metropolitan-stadion, en van 1982 tot 2009 in die Hubert H. Humphrey Metrodome. Die span speel sedert 2010 sy tuiswedstryde by Target Field.

Die franchise het die Wêreldreeks in 1924 as die Senators gewen en in 1987 en 1991 as die Twins. Die Senators/Twins se algehele wen-verloor-gelykop rekord (van 1901 tot 2023) is 9,177 wedstryde gewen, 9,875 wedstryde verloor en 109 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .482); as die Twins (met inbegrip van die 2023-seisoen), is die span se rekord 4,954 wedstryde gewen, 5,011 wedstryde verloor en 8 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .497).

Verwysings

Verdere leesstof

Kategorie:Bofbal