Die Klein Spooknewel, ook bekend as NGC 6369, is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is deur William Herschel ontdek.
Die newel is rond en relatief dof. Die hoë energiestraling van die sentrale witdwerg veroorsaak dat die omringende newel lig uitstraal. Die hoofringstruktuur is omtrent 'n ligjaar breed en die gloed is van geïoniseerde suurstof-, waterstof- en stikstofatome, wat onderskeidelik blou, groen en rooi gekleur is.
Die sentrale ster van die newel is van spektraaltipe WO3, wat dui op 'n spektrum soortgelyk aan dié van 'n suurstofryke Wolf-Rayetster. 'n Ontleding van Gaia-data dui daarop dat dit 'n dubbelsterstelsel kan wees.
Verwysings
Skakels NGC 6369 Little Ghost Nebula data sheet, altitude charts, sky map and related objects - Deep Sky Objects Browser Little Ghost Nebula amateur astrophotography - Deep Sky Objects Browser
Kategorie:Slangdraer (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels