Die Spooknewel (ook genoem Sh2-136 of VdB 141) is 'n refleksienewel in die sterrebeeld Kefeus.
Dit lê naby die sterreswerm NGC 7023. As 'n mens na die foto regs kyk, is dit duidelik waar die naam vandaan kom. Die newel is meer as 2 ligjare breed. Dit omring verskeie sterre, en hulle gereflekteerde lig laat die newel geelbruin lyk.
Verwysings
Skakels Sky-Map.org - Sharpless Catalogue NOAO AAN
Kategorie:Kefeus (sterrebeeld) Kategorie:Refleksienewels