thumb|180px|links|'n Foto van die Skedelnewel deur die Liverpoolteleskoop. NGC 246 (ook bekend as die Skedelnewel"The Night Sky", Astronomy Now, Oktober 2008. of Caldwell 56) is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Walvis. Dit is die eerste bekende planetêre newel met 'n hiërargiese driedubbele-sterstelsel in die middel.

Die newel is rofweg 1 600 ligjare van die Aarde af.Stephen James O'Meara, The Caldwell Objects, Sky Publishing Corporation, , p 223. NGC 246 se sentrale ster is 'n witdwerg van die 12de magnitude.

William Herschel het NGC 246 in 1785 ontdek. Sy sentrale ster, HIP 3678 A, het 'n metgesel wat saam met hom beweeg met die naam HIP 3678 B.

In 2014 het sterrekundiges nog 'n metgesel van NGC 246 se sentrale ster ontdek. Die tweede metgeselster, 'n rooidwerg met die naam HIP 3678 C, is met die Baie Groot Teleskoop ontdek.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Walvis (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels