Die Saturnusnewel (ook bekend as NGC 7009 of Caldwell 55) is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Waterdraer. Dit lyk groengeel deur 'n amateurteleskoop. William Herschel het dit op 7 September 1782 in Engeland ontdek met 'n teleskoop wat hy self ontwerp het. Dit was een van die vroegste ontdekkings in sy ruimteopname. Die sentrale ster is 'n helder witdwerg met 'n skynbare magnitude van 11,5.
thumb|200px|links|NGC 7009 afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. Die newel kry sy naam van sy kunsmatige ooreenkoms met die planeet Saturnus met sy ringe feitlik reg van die kant af gesien.
Die Saturnusnewel is 'n komplekse planetêre newel met baie morfologiese en kinematiese substelsels in drie dimensies, soos 'n halo, straalagtige strome en knope.
Die sentrale ster, 'n baie warm blouerige witdwerg met 'n temperatuur van 55 000 K, waaruit die newel vermoedelik ontstaan het, het 'n absolute magnitude van +1,5, wat beteken sy ligsterkte is sowat 20 keer so sterk as die Son s'n en sy skynbare magnitude is 11,5. Die sterk ultraviolet straling van die sentrale ster skep die kenmerkende gloeiende groen kleur van die newel.
Die newel self het 'n skynbare magnitude van 8 en 'n radiale snelheid van meer as 40 km/s na die Aarde.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels