Die Seepborrelnewel, ook bekend as PN G075.5+01.7, is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Swaan. Die naam kom van sy simmetries ronde vorm wat dit soos 'n seepborrel laat lyk.
Ontdekking Die newel is deur die amateursterrekundige Dave Jurasevich ontdek, wat dit op 19 Junie en 6 Julie 2008 afgeneem het. Dit is later onafhanklik deur Keith B. Quattrocchi en Mel Helm waargeneem. Die Seepborrelnewel is 260 boogsekondes groot met 'n sentrale ster wat 'n magnitude van 19,45 het.
Omdat die newel so dof is en die feit dat dit deur 'n diffuse newel omring word, het dit moeilik gemaak om te ontdek.
Verwysings
Skakels SkyandTelescope.com - Celestial Scenes - Soap Bubble Nebula Planetary Nebula in the Milky Way - Soap Bubble in Space Dave Jurasevich se webtuiste
Kategorie:Swaan (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels