Abell 70 is 'n effens lang planetêre newel sowat 13 500 - 17 500 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Arend. Dit beweeg teen 79 km/s na die Aarde en sit uit teen 38 km/s. Agter Abell 70 lê 'n sterrestelsel met die naam PMN J2033-0656 wat dit soos 'n "diamantring" laat lyk.
Samestelling Die dowwe OIII-ringstruktuur kan deur 'n teleskoop gesien word. Die newel se sentrale ster is 'n dubbelster, wat uit 'n warm witdwerg en 'n G-tipe subreusester bestaan.
Sterrestelsel PMN J2033-0656 is 'n radiosterrestelsel wat van die kant af gesien word. Sy posisie gee Abell 70 'n diamantringagtige voorkoms aan sy noordekant.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Arend (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels Kategorie:Radiosterrestelsels