Die Heuwels Fantasties is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep uit Bellville. Hul musiek is elektronies van aard, met subtiele kitaarelemente. Die groep gee hul materiaal onder hul eie etiket, Supra Familias, uit.
Die groep bestaan uit Hunter Kennedy, Pierre Greeff en Fred den Hartog. Kennedy en Greeff het op die onderskeie ouderdomme van 15 en 16 saam begin om liedjies te skryf. Destyds het Kennedy in die groep New World Inside gespeel terwyl Greeff in Time Spent gespeel het. Later was Kennedy lid van Fokofpolisiekar en Greeff was lid van Lukraaketaar, voordat beide tydens hul breuk van hul hoofgroepe die projek Die Heuwels Fantasties gevorm het.
In 2010 ontvang hulle 'n SAMA-toekenning in die kategorie Beste Alternatiewe Album in Afrikaans vir Die Heuwels Fantasties.Afrikaanse kunstenaars tops by Samas , Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.
Vroeg in 2014 is Die Heuwels Fantasties se nuutste lid (op daardie stadium) Phillip Erasmus uit die groep uit na hy op sosiale media 'n "ineenstorting" (soos die media daarna verwys het) gehad het en waar hy foto's en statusse met verwysing na geld en gierigheid op Die Heuwels Fantasties se facebook blad geplaas het.
Debuutalbum Die ongetitelde debuutalbum bevat bydraes deur Francois van Coke (Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel), Laudo Liebenberg (aKING), Adriaan Brand (Springbok Nude Girls), Neil Basson (Foto na Dans) en Jack Parow. Die album is op 19 Maart 2009 vrygestel en is die derde uitgawe op Hunter en Pierre se uitgewer Supra Familias.
Selfs voor die album se vrystelling het Die Heuwels Fantasties twee enkelsnitte op Last.fm vrygestel, wat duisende luisteraars gelok het. Hierdie snitte het by verskeie kampus radiostasies die nommer een plek bereik en die eerste musiekvideo, Vinger Alleen was vir drie weke nommer een op MK, die Suid-Afrikaanse musiekkanaal.
Volgende albums Die groep se tweede studio album, Wilder as die Wildtuin, is op 11 Maart 2011 vrygestel. Hierdie is die eerste album met Phillip Erasmus op die dromstel.
Daarna is die vollengte albums Alles Wat Mal Is en Ja. Nee. Lekker. in onderskeidelik 2012 en 2014 vrygestel.
Diskografie Ateljeealbums 2009: Die Heuwels Fantasties 2011: Wilder as die Wildtuin 2012: Alles Wat Mal Is 2014: Ja. Nee. Lekker.
EP's 2008: Pille vir Kersfees (USB) 2013: Wens Jy Was Hier
Internet Oorlewing 101 (MP3, 2 Desember 2007, Supra Familias) Our Heritage (MP3, 24 Augustus 2009, onafhanklik)
Versamelalbums MK89 Hoordosis: Vol. 3 (15 September 2008, Next Music) Bellville Rock City (28 November 2008, Rhythm Records) Oppikoppi Smoorverlief (7 Augustus 2009, Next Music) Twintig Jaar Later: Van Voëlvry Tot Fokof (September 2009, Next Music) South African Indie Volume One (30 Oktober 2009, Rhythm Records) Vredefest Elektro (17 Desember 2009, Supra Familias)
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Eksterne skakels Amptelike webwerf Die Heuwels Fanasties-diskografie en -lirieke YouTube-profiel
MySpace-profiel
Verdere leesstof Onderhoud op Moral Fibre
Musiekvideo's "Noorderlig" op Youtube "Hyg Duiwel (Mr. X remix)" op YouTube "Leja" op YouTube "Nare Kaskenades" op YouTube "Our Heritage" met Soweto Gospel Choir, HHP en JR "Pille vir Kersfees" op YouTube "Sonrotse" op YouTube "Vinger Alleen" op YouTube "Wonder bo Wonder" op YouTube
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe