Eukariote is lede van die domein Eukaryota: organismes wat organelle binne-in hul selle bevat, soos die selkern, golgi-apparaat, mitochondrium en in plante, chloroplaste. Die domein bevat alle plante, diere, alge, swamme en protiste.
In taksonomie word eukariote beskou as een van die drie biologiese domeine waarin lewe verdeel kan word. Die ander twee domeine, Archaea en Bacteria, word saam "prokariote" genoem.
Kladogram Die verwantskap tussen die eukariote is steeds 'n onderwerp van navorsing. Hierdie is 'n vereenvoudigde kladogram wat die belangrikste groepe toon:
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Domeine