Die Spaanse nasionale sokkerspan verteenwoordig Spanje sedert 1920 in internasionale manssokkerkompetisies. Die span word beheer deur die Koninklike Spaanse Sokkerfederasie, die beheerliggaam vir sokker in Spanje.
Spanje is een van agt nasionale spanne wat as wêreldkampioene gekroon is en het aan 'n totaal van 17 uit die 23 FIFA Wêreldbeker-toernooie deelgeneem, die 2010 en 2026-toernooie, wat in onderskeidelik Suid-Afrika en die Verenigde State, Meksiko en Kanada (die drie gesamentlike gasheerlande) gehou is, gewen, en sedert 1978 gereeld gekwalifiseer. Spanje het aan 'n totaal van twaalf uit sewentien UEFA Europese Kampioenskappe deelgeneem, hul eerste een in 1964 gewen, en is die huidige Europese kampioene, nadat hulle 'n rekord vierde titel in 2024 gewen het. Ná hul oorwinning in die 2023 UEFA Nations League het hulle die tweede nasionale span geword, ná Frankryk, om drie groot titels (die Wêreldbeker, Europese Kampioenskap en Nasiesliga) te wen. Spanje is ook een van slegs twee lande wat beide vroue- en manswêreldbekertoernooie gewen het, soos ook Duitsland.
Met twee Wêreldbeker-, een Nasiesliga- en drie Europese Kampioenskaptitels sedert 2008, is Spanje die suksesvolste Europese span in die 21ste eeu. Die span se prestasies van 2008 tot 2012 het daartoe gelei dat baie kenners en kommentators hierdie era se spanne as van die beste ooit in sokkergeskiedenis beskou. Gedurende hierdie tydperk het Spanje die eerste nasionale span geword om drie opeenvolgende groot titels te wen, insluitend twee Europese kampioenskappe in 2008 en 2012, terwyl hul die eerste Europese span geword het wat 'n Wêreldbekertoernooi wat buite Europa gehou is, gewen het. Tussen 2008 en 2013 het Spanje die FIFA-span van die jaar gewen, die tweede meeste van enige land, naas slegs Brasilië. Van 2007 tot die 2009 FIFA Konfederasiebeker het Spanje 35 opeenvolgende onoorwonne wedstryde gespeel, 'n prestasie wat hulle met Brasilië gedeel het, en 'n destydse rekord vir die sport.
Verwysings
Eksterne skakels by RFEF Spanje by FIFA Spanje by UEFA
Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Spanje