Paul-Henri Nargeolet (2 Maart 1946 – 18 Junie 2023)was 'n Franse diepsee-ontdekkingsreisiger en Titanic-kenner. Nargeolet het bekend gestaan as "Mnr. Titanic" en was een van vyf mense wat aanboord die onderwatervaartuig Titan gesterf het toe dit op 18 Junie 2023 naby die wrak van die Titanic ingeplof het.
Vroeë lewe Nargeolet is op 2 Maart 1946 in Chamonix in die Franse département van Haute-Savoie gebore. Hy het vir 13 jaar in Casablanca, Marokko, gewoon voordat hy na Parys verhuis het om sy studies op die ouderdom van 16 te voltooi.
Loopbaan Nargeolet het sy loopbaan in die Franse Vloot begin, waar hy as 'n offisier gespesialiseer het in mynopruiming, duik en dieponderwater-ingryping Gedurende die 1970's is hy aangestel as bevelvoerder van die Groupement de Plongeurs Démineurs de Cherbourg, wie se missie was om ondergrondse myne te vind en te neutraliseer. Gedurende die 1980's is hy oorgeplaas na die Undersea Intervention Group, waar hy intervensieduikbote geloods het.
Titan ekspedisie en dood Op 18 Junie 2023 was Nargeolet aan boord van die Titan, 'n duikboot wat deur OceanGate besit word, op 'n ekspedisie om die Titanic wrak te besigtig. Die vaartuig het kontak met sy moederskip, MV Polar Prince verloor. Soek-en-reddingsmissies het water- en lugsteun van die Verenigde State, Kanada en Frankryk behels. Meer as $6,5 miljoen is aan reddingspogings bestee.
Op 22 Junie, na die ontdekking van 'n puinveld ongeveer 490 meter vanaf die boeg van die Titanic, het OceanGate aangekondig dat hulle glo Nargeolet en die vier ander aan boord "ongelukkig verlore is." 'n Perskonferensie van die Amerikaanse Kuswag het later bevestig dat die puin in ooreenstemming was met 'n katastrofiese verlies van die drukromp, wat gelei het tot die inploffing van die onderwatervoertuig.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Franse ontdekkingsreisigers Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2023