Astronomy Picture of the Day (APOD) is 'n webtuiste van Nasa en die Michigan- Tegnologiese Universiteit (MTU). Dit verskaf elke dag 'n ander foto van die heelal "saam met 'n kort verduideliking deur 'n professionele sterrekundige".

Beskrywing Die foto stem nie noodwendig ooreen met 'n spesifieke gebeurtenis op dié dag nie en foto's word soms herhaal. Hulle hou dikwels verband met huidige gebeure in sterrekunde en ruimteverkenning. Die teks het verskeie skakels na ander foto's en webtuistes vir nog inligting.

Vorige foto's word in 'n argief gebêre. Die eerste foto het op 16 Junie 1995 verskyn.Nemiroff, R.; Bonnell, J., reds. (16 Junie 1995). "Neutron Star Earth". Astronomy Picture of the Day. Nasa. Besoek op 18 Februarie 2017 Die foto's word soms geneem deur mense van buite Nasa, en daarom het van die foto's kopiereg op, anders as dié in baie ander fotogalerye van Nasa.

Op die eerste dag van die APOD-webtuiste se bestaan het dit altesaam 14 besoeke gehad. Teen 2012 het meer as 'n miljard mense dit besoek.Nemiroff, R.; Bonnell, J., reds. (16 Junie 2012). "APOD Turns 17". Astronomy Picture of the Day. Nasa. Besoek op 25 September 2012 APOD word ook daagliks in 21 tale vertaal.

Robert J. Nemiroff en Jerry T. Bonnell het in 2015 vir hulle werk op APOD die Klumpke-Roberts-prys van die Sterrekundige Vereniging van die Stille Oseaan-gebied ontvang "vir uitstekende bydraes tot die publiek se begrip en waardering van sterrekunde". Die webtuiste het in 2022 die Internasionale Sterrekundige Vereniging se Sterrekundige Uitreikingsprys gewen.

Foto's Hier onder is enkele foto's wat al op die APOD-webtuiste verskyn het:

Verwysings

Skakels

Kategorie:Webwerwe Kategorie:Sterrekunde