7 Mediese Bataljongroep is die spesialis Lugmediese Eenheid van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens. Die Bataljon se hooftaak is om mediese ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Lugmag en Spesiale Magte te verleen. Die eenheid val onder die bevel van die Mobiele Militêre Gesondheidsformasie.
Ander spesialiteite van die bataljon sluit in gevegsoektog en -redding, CBRNE-opsporing, verifikasie en ontsmetting, duik- en lugvaartmedisyne en talle ander vaardighede wat verband hou met die ondersteuning van spesiale magte.
Min is in die openbaar bekend oor hierdie elite-mediese eenheid, hoofsaaklik as gevolg van sy verbintenis met die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte. Die eenheid se stigterkommandant Wouter Basson het die navorsing oor die SAW se program vir chemiese en biologiese oorlogvoering gelei.
Ander take van die bataljon sluit in, maar is nie beperk nie tot, mediese ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens Spesiale Taakmag en ander elite-eenhede, die Suid-Afrikaanse Lugmag Gevegsoek-en-reddingseenhede en die Presidensiële Beskermingsdienste (veral in die konteks van Gesamentlike VVIP-beskermingsbedrywighede).
Die eenheid is op 'n algemene ses-uur bystand en is gereed om onmiddelik nasionaal en internasionaal te ontplooi. Dit handhaaf ook 'n beperkte chemiese, biologiese, radiologiese en kernverdedigingsvermoë.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse Weermag