Helman Nkosiyethu Mkhalele (gebore 20 Oktober 1969) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse middelveldsokkerspeler. Hy was deel van die Orlando Pirates-groep wat in 1994 die Nasionale Sokkerliga en die 1995-Afrikabeker van Kampioeneklubs gewen het.
Persoonlike lewe Sy broers Sydney Mkhalele en Lazarus Mkhalele het in die NPSL gespeel. Hy woon tans in Roodepoort
Na aftrede Na sy aftrede het Mkhalele as 'n fasiliteerder by KBC Health and Safety Company gewerk. Hy besit 'n meubelonderneming. Hy het 'n onderwysersdiploma aan die Soweto Kollege verwerf Hy is die huidige nasionale onder 20-sokkerspanafrigter.
Internasionaal Mkhalele het 66 keer vir Suid-Afrika se nasionale sokkerspan uitgedraf en 8 doele aangeteken. Hy was ook deel van die groep wat in 1998 na Frankryk gereis het vir die 1998 FIFA Wêreldbeker. In 1996 was hy deel van die Bafana-groep wat die 1996 Afrikabeker-toernooi gewen het. Hy het sy debuut op 26 November 1994 teen Ghana gemaak toe hy 25 jaar en 37 dae oud was. Sy laaste internasionale wedstryd op 5 Mei 2001 teen Zimbabwe gespeel toe hy 31 jaar en 197 dae was. Sy internasionale loopbaan het 6 jaar en 160 dae geduur.
Daar is verskeie woonbuurte in Suid-Afrika wat na hom vernoem is; een woonbuurt is Mkhelele (ook genoem Evaton-Wes) in Evaton wat in die suide van Johannesburg geleë is. #DatumLokaalTeenstanderTellingResultaatKompetisie1.26 April 1995Setsoto Stadium, Maseru, Lesotho3–0WenVriendskaplike wedstryd2.24 November 1995Mmabatho Stadium, Mafikeng, South Africa2–0WenSimba Cup3.8 June 1997ENB-stadion, Johannesburg, South Africa3–0Wen1998 FIFA World Cup qual.4.7 December 1997Ellispark-stadion, Johannesburg, South Africa1–2VerloorVriendskaplike wedstryd5.13 December 1997Koning Fahd II-stadion, Riaad, Saoedi-Arabië2–2Gelykop1997 FIFA Confederations Cup6.17 December 1997Koning Fahd II-stadion, Riaad, Saoedi-Arabië3–4Verloor1997 FIFA Confederations Cup7.11 February 1998Stade Municipal, Bobo-Dioulasso, Burkina Faso1–1Gelykop1998 African Cup of Nations8.20 June 1999Estádio da Cidadela, Luanda, Angola2–2Gelykop2000 African Nations Cup qual.as of 9 March 2017
Verwysings
Eksterne skakels Helman Mkhalele at National-Football-Teams.com sasportslife.com – profiel
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1969