duimnael|Die universiteit se biblioteek Die Universiteit van Malmö () is 'n openbare universiteit geleë in Malmö, Swede. Met meer as 24 000 studente en ongeveer 1 600 werknemers (akademies en administratief) is die Universiteit van Malmö die negende grootste opleidingsinstelling in Swede. Die universiteit het uitruilooreenkomste met meer as 240 vennootuniversiteite regoor die wêreld, en ongeveer 'n derde van die studente het 'n internasionale agtergrond. Onderwys aan die Universiteit van Malmö fokus onder meer op migrasie, internasionale betrekkinge, politieke wetenskap, volhoubaarheid, stedelike studies en nuwe media en tegnologie. Opleiding sluit dikwels elemente van internskap en projekwerk in wat in noue samewerking met eksterne vennote gedoen word.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels
Die universiteit se amptelike webblad Universiteit van Malmö se amptelike YouTube kanaal
Kategorie:Sweedse universiteite