James David Vance (gebore James Donald Bowman; 2 Augustus 1984) is 'n Amerikaanse skrywer, waagkapitalis, politikus en voormalige Amerikaanse Marinier. Hy is die 50ste visepresident van die Verenigde State en lid van die Republikeinse Party. Hy is die eerste vise-president wat in die Amerikaanse Marinierskorps gedien het, sowel as die eerste millenniër.Kornfield, Meryl and LeVine, Marianne. "Trump chooses Sen. J.D. Vance, a former critic, as his vice-presidential pick", The Washington Post, 15 Julie 2024. Besoek 16 Julie 2024.

As lid van die Republikeinse Party het hy Ohio in die Amerikaanse Senaat van 2023 tot 2025 verteenwoordig. Gedurende sy ampstermyn as visepresident dien Vance ook as die finansiële voorsitter van die Republikeinse Nasionale Komitee.

Vance is gebore in Middletown, Ohio, en het in die Marinierskorps gedien en die Ohio State University bygewoon en in 2009 gegradueer. Hy het in 2013 aan die Yale Law School gegradueer. Die bewering deur Lt. Gov Jon Husted by die Republikeinse Nasionale Konvensie dat Vance 'n graad "summa cum laude" by Yale Law School verwerf het, is vals. So 'n graad bestaan nie Hy het prominensie verkry met sy 2016-memoir, Hillbilly Elegy, wat sy opvoeding in die Rust Belt, armoede, dwelmverslawing en Appalachiese-kultuur beskryf. Dit het 'n New York Times-topverkoper geword en is later vir film verwerk. Dit het aansienlike aandag van die pers getrek tydens die 2016 Amerikaanse presidentsverkiesing. Vance het die Demokratiese genomineerde Tim Ryan in die 2022 Amerikaanse Senaatsverkiesing in Ohio verslaan. Hy was aanvanklik gekant teen Donald Trump se kandidatuur in die 2016-verkiesing, maar het uiteindelik 'n sterk ondersteuner geword. In Julie 2024 het Trump Vance as sy visie-presidentskansidaat in die 2024 presidensiële verkiesing gekies, en hy is amptelik op 15 Julie tydens die Republikeinse Nasionale Konvensie genomineer.

Gedurende sy tyd in die Senaat is Vance beskryf as 'n neoreaksionêr, nasionale konserwatief en 'n regse populis. Hy het Curtis Yarvin, Rod Dreher, Patrick Deneen, René Girard en Yoram Hazony aangehaal as invloede op sy politieke en godsdienstige oortuigings. In die verlede het hy gesê dat hy dalk 'n aborsieverbod van 15 weke kan ondersteun, met uitsonderings vir verkragting, bloedskande of bedreigings vir die gesondheid van die moeder, en het onlangs sy standpunt bekend gemaak dat aborsiewetgewing aan die state oorgelaat moet word. Hy is persoonlik gekant teen selfdegeslaghuwelike, alhoewel hy gesê het hy wil nie die debat heropen nie. Hy is ten gunste van die verbod op pornografie. Vance word beskou as 'n andersdenkende wat betref die Republikeinse ortodokse siening van die ekonomie. Hy ondersteun verhogings vir sekere belastings op universiteitsskenkings en korporatiewe samesmeltings, en is ten gunste van 'n minimum loon, vakbondorganisasies, tariewe, antitrustbeleid, en is fel teen voortgesette Amerikaanse militêre hulp aan die Oekraïne gekant.

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Adjunkpresidente van die Verenigde State